Monday, May 4, 2015

Laai vir jou n gratis Bybel op jou foon.

http://m.bibles.co.za/index.php/mobile-bibles/

Wie is ek in Christus Jesus?

WIE IS EK IN CHRISTUS?
Hierdie lys bevat ‘n aantal eienskappe oor wie jy regtig in Jesus die Messias is. Dit is doelbewys in die eerste persoon
geskryf. Bid hierdie lysie met aandag, gelowig elke dag deur vir drie weke en jy sal nooit weer dieselfde wees nie.
1. Ek is ‘n kind van God (Joh 1:12) deur geloof in Jesus Christus (Gal 3:26).
2. Ek is veraltyd vry van veroordeling (Rom 8:1).
3. Ek is vrygespreek omdat ek in Yashua HaMassiag glo en daar is nou vrede tussen my en God (Rom 5:1).
4. Ek is ‘n kind van God , Sy Heilige Gees lei my (Rom 8:14-15) en woon in my hart (Gal 4:6).
5. God is my Vader (Rom 8:16).
6. God is my Skepper, Hy het my gemaak (Ps 139:13).
7. Ek behoort aan Christus en is ‘n nuwe mens (2 Kor 5:17).
8. Ek is vrygemaak van sonde en staan in diens van God en nie in diens van sonde nie (Rom 6:22).
9. Ek is ‘n dienskneg van God en nie ‘n slaaf van sonde nie (Rom 6:18).
10. Ek is ‘n kind van God en behoort aan Jesus (Gal 3:26,28)
11. Ek is ‘n erfgenaam van God omdat ek Sy kind is en aan Hom behoort (Gal 3:28 en 4:6-7).
12. Ek is saam met Christus ‘n erfgenaam van God (Rom 8:17).
13. Ek behoort aan God (Ef 1:1; 1 Kor 1:2; Fil 1:1; Kol 1:2).
14. Die krag van God wat Christus uit die dood opgewek het, is nou alreeds deel van my erfenis (Ef 1:18-20).
15. Ek het die Gees, die gesindheid en die denke (‘mind’)van Christus (1 Kor 2:16).
16. Ek is met God verenig en geestelik een met Hom (1 Kor 6:17).
17. Ek is’n lid van Jesus Christus se liggaam (1 Kor 12:22 en Ef 5:30)
18. Ek (my liggaam – 1 Kor 6:19) is ‘n tempel van God, Sy Heilige Gees woon in my (1 Kor 3:16).
19. Christus het my met God versoen en ek is ‘n gesant (gestuurde) om versoening te bewerkstellig (2 Kor 5:18-20).
20. Ek is ‘n nuwe mens na die beeld van God geskape, Hy gee my die wil en bekwaamheid om volgens Sy wil te lewe
(Ef 4:24 en Fil 2:13).
21. Ek lewe onder leiding van die Heilige Gees (Gal 5:25).
22. Ek is ‘n uitdrukking van Christus se lewe (Kol 3:3-4).
23. Ek het deel aan ‘n hemelse roeping en God het my daarvoor afgesonder (Hebr 3:1).
24. God het my gemaak wat ek nou is (herskep in Christus) sodat ek die werk waarvoor Hy my bestem het, kan doen
(Ef 2:10).
25. God het my baie lief en my gekies om deel van Sy volk te wees (Kol 3:12 en 1 Thes 1:4).
26. Ek is ‘n medeburger saam met die ander lede van die huis van God (Ef 2:19).
27. Ek is ‘n burger van die hemel en het nou reeds ‘n plek daar (Fil 3:20 en Ef 2:6).
28. Ek het deel aan Christus en vertrou Hom volkome (Heb 3:14).
29. Ek is God se kind en sal wanneer Jesus kom soos Hy wees (1 Joh 3:1-2).
30. Ek is ‘n mens van lig en nie van duisternis nie (1 Thes 5:5).
31. Ek weerspieël die heerlikheid van Christus omdat ek deur Sy Gees al meer verander word om meer en meer aan
Sy heerlikheid gelyk te word ( 2 Kor 3:18).
32. Ek woon tydelik as ‘n vreemdeling en bywoner op hierdie aarde (1 Pet 2:11).
33. Ek is ‘n burger van die hemel vanwaar ek Jesus, my Verlosser, verwag om my te kom haal (Joh 17:16).
34. Ek is ‘n lewende bousteen van God (1 Pet 2:5).
35. Ek is deur God uitgekies as Sy eiendom en het koniklike waardigheid as Sy priester (1 Pet 2:9-10).
36. Ek is die sout van die aarde (Mat 5:13).
37. Ek is die lig van die wêreld (Mat 5:14).
38. Ek is deel van die ware wingerdstok met Christus se lewe in my (Joh 15:1-5).
39. Ek is ‘n vriend van Christus (Joh 15:15).
40. Ek is deur Christus uitgekies en aangestel om Sy vrugte te dra (Joh 15:16).
41. Ek is NIE die groot “EK IS” nie (Ex 3:14; Joh 8:24, 28,58), maar deur die genade van God is ek, wat ek is (1 Kor
15:10).
42. Die duiwel is my vyand (1Pet 5:8).
43. Ek is ‘n kind van God en die duiwel het nie meer ‘n houvas op my lewe nie (1 Joh 5:18).
44. Hy (Heilige Gees) wat in my is, is groter as die duiwel (1 Joh 4:4; Ef 1:17-21).

Wednesday, April 1, 2015

Die Heilige Gees

God se Gees staan onder verskeie name bekend, waaronder die volgende: Die Gees (Joh. 7:39), die Gees van God (Gen. 1:2), die Gees van die Here (Jes. 11:2), die Gees van die Vader (Matt. 10:20), die Gees van Christus (Rom. 8:9), die Gees van die Seun (Gal. 4:6), die Heilige Gees (Ps. 51:13), die ewige Gees (Heb. 9:14), die Trooster (Joh. 14:16), die Gees van genade (Sag. 12:10), die Gees van die waarheid (Joh. 14:17), die Gees van heiligheid (Rom. 1:4), die lewendmakende Gees (Joh. 6:63; Rom. 8:2), die Gees van aanneming tot kinders (Rom. 8:15), die Gees van wysheid (Deut. 34:9), die Gees van raad en sterkte (Jes. 11:2), die Gees van kennis en van die vrees van die Here (Jes. 11:2), die Gees van die heerlikheid (1 Pet. 4:14) en die Gees van die profesie (Joh. 16:13; Op. 19:10).

God openbaar Homself op verskillende maniere deur die Heilige Gees, en dit neem die vorm van ‘n verskeidenheid bedieninge van die Gees aan, waarvan die volgende die belangrikste is:
Die Gees wat van sonde, geregtigheid en oordeel oortuig

Wanneer die Heilige Gees met ‘n persoon bemoeienis maak, oortuig Hy hom van sy sonde, van Christus se geregtigheid en van die oordeel wat oor Satan en al die goddeloses uitgespreek is (Joh. 16:8-11). Alle mense is sondaars (Rom. 3:10-12). Die grootste sonde is om die Here Jesus as Verlosser en Seun van God te verwerp (Matt. 23:32-38). God se geregtigheid vereis ‘n lewe wat in ooreenstemming met sy heiligheid is (1 Pet. 1:15). Indien mense van hierdie standaard afwyk omdat hulle slawe van sonde is, vereis God se regverdigheid die doodstraf oor sondaars (Rom. 6:23; Eseg. 18:4). Hierdie bepaling maak die hele mensdom doemwaardig voor God (Rom. 3:10). Net die Here Jesus het ‘n volmaakte lewe gelei waarin die geregtigheid van God volkome geopenbaar is. Deur sy kruisdood het Hy die doodstraf namens alle sondaars uitgedien en sodoende aan die eis van God se regverdige straf oor die sonde voldoen. Aan almal wat in Jesus Christus en sy plaasvervangende dood glo, word die geregtigheid van God toegereken (Rom. 5:17). Ons kleed van sonde is op Hom gelê, en sy kleed van geregtigheid word op ons gelê wanneer ons Hom as Saligmaker aanneem. Baie mense probeer steeds om deur ‘n goeie lewe hulle eie geregtigheid op te rig en verwerp sodoende die hart van die kruisevangelie (Rom. 10:3). Sulke mense roem in hulle goeie lewe en selfs kerklidmaatskap, maar weerstaan die Heilige Gees wanneer Hy hulle van die geregtigheid van God deur die geloof in Jesus Christus wil oortuig. Die dood en opstanding van Jesus was ook ‘n oordeel oor Satan (Joh. 12:31). Jesus het oor hierdie duistere magte getriomfeer (Kol. 2:15). Hoewel Satan oorwin is, is hy steeds aktief in die stryd teen alle Christene gewikkel (1 Pet. 5:8), maar hy is ‘n veroordeelde vyand van God wie se lot reeds bepaal is (Op. 20:2,7-10). Almal wat in sy hand speel deur saam met hom teen God te rebelleer, sal sy oordeel in die hel met hom deel (Op. 20:10,15).
Die Gees van genade en smekinge

Die Heilige Gees is werksaam in almal se lewens wat die ware evangelie hoor, en beweeg hulle om in sonde-oortuiging en met berou en gebrokenheid van hart hulleself voor die Verlosser, Jesus Christus, te verootmoedig en om sy reddende genade te bid. Die Here het behae in ‘n gebroke gees en ‘n verslae hart (Ps. 34:19; 51:19). In die komende verdrukking sal die Gees van genade en smekinge opnuut oor Israel uitgestort word (Sag. 12:10).
Die Gees wat wederbaar

“Dit is die Gees wat lewend maak” (Joh. 6:63). Hy wederbaar berouvolle sondaars wat dood was in hulle sondes en misdade, om van hulle nuwe mense te maak (Rom. 8:2; 2 Kor. 5:17). Ongeredde mense is geestelik dood, daarom word hulle by bekering deur die Gees lewend gemaak. Geredde persone het oorgegaan uit die dood in die lewe (Joh. 5:24; Ef. 5:14). Die Heilige Gees doop ons by ons wedergeboorte in die liggaam van Christus (1 Kor. 12:13).
Die Gees wat met krag vervul

Nadat ons op grond van die genadewerk van Jesus Christus deur die Gees van God gewederbaar is, moet elke gelowige om drie belangrike redes ook met die krag van die Heilige Gees vervul word:

0.    Dit verleen aan ons krag om Jesus se getuies te wees (Hand. 1:8). Sonder hierdie toerusting met krag uit die hoogte kan ons nie vir die Here werk nie.

1.    Die krag van die Here is nodig om geestelik uit die swak babastadium tot die volwasse man of vrou in Christus op te groei (Ef. 4:13-14). Ons moet insig in die dieper dinge van die Here verkry en die pad van geloof met vaste treë bewandel.

2.    Ons het ook die krag van die Gees nodig om geestelik sterk te word vir die stryd teen die Bose (Ef. 6:10-11). Dit is eers wanneer ons met die Gees vervul is, dat ons sterk sal wees om versoekings te kan weerstaan (Gal. 5:16).
Die Gees wat bekwaam maak vir diens

Vervulling met die Heilige Gees gaan ook met gawes gepaard om gelowiges vir bepaalde bedienings, of dienswerk, in die liggaam van Christus bekwaam te maak (Rom. 12:4-8; 1 Pet. 4:10). Die een mag ‘n gawe van onderrig hê, ‘n ander van voorbidding, bemoediging of hulpverlening, maar alles moet in liefde geskied, want dit is die grootste gawe van almal. Ons moet ons gawes aktief beoefen en nie deur mensevrees verhinder word om dit te doen nie (1 Tim. 4:14; 2 Tim. 1:6-7). Die Heilige Gees besluit self watter gawes om aan mense te gee (1 Kor. 12:4-11). Dit kan wyd uiteenlopend van aard wees, want daar is baie ondersteuningsdienste in die verkondiging van die evangelie nodig.
Die Gees van godsvrug

Alle bekeerdes het ‘n opdrag om geestelike vrugte te dra waardeur die Here verheerlik en sy koninkryk uitgebrei word (Matt. 3:8; Rom. 6:22). Nege vrugte van die Heilige Gees word genoem (Gal. 5:22). Ons verhouding teenoor God moet deur sý liefde gekenmerk word wat deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort word (Rom. 5:5), deur die blydskap van die Here omdat Hy ons siele gered het, en deur sy vrede wat alle verstand te bowe gaan. Teenoor ons medemense moet ons lankmoedig wees deur gedurig vir hulle te bid en stadig te wees om hulle te veroordeel; ons moet ook vriendelik wees en op verskeie maniere aan hulle goed doen. As individue moet ons getrou in die uitvoering van ons pligte wees, ‘n sagmoedige en leerbare gees hê, en altyd selfbeheersing beoefen.
Die Gees wat ons lei en heilig

Die Heilige Gees is by uitstek ‘n Leidsman en Trooster. Hy verleen aan ons die bewussyn van die gedurige teenwoordigheid en inwoning van die Here in ons lewe, sodat ons nooit alleen hoef te voel nie. Ons moet besef dat ons liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is, en dat dit ‘n verpligting op ons plaas om heilige lewens te lei (1 Kor. 3:16-17; 2 Kor. 7:1).
Die Gees van wysheid

Die Heilige Gees is die Gees van wysheid (Jes. 11:2). Hy gee aan ons verligte oë van die verstand (Ps. 13:4; 147:5; Ef. 1:18-19). Indien ons oor enigiets sou twyfel, moet ons om die wysheid van die Here bid (Jak. 1:5). In die Drie-enige God is alle skatte van wysheid en kennis verborge (Kol. 2:3). Deur die Gees wil God jou lei en raad gee (Ps. 32:8).
Die Gees van die waarheid

Ons moet die volle waarheid omtrent die weg van die Here ken en toepas, en daarvoor het ons die Gees van die waarheid nodig wat ons in die hele waarheid van God se Woord sal lei (Joh. 16:13; 1 Joh. 2:27). Hierdie waarheid het ‘n vrymakende krag (Joh. 8:32), maar dan moet ons deur intensiewe Bybelstudie goeie kennis verkry. Dan alleen sal ons in die lig van die Woord en onder die leiding van die Heilige Gees ‘n goed ontwikkelde oordeelsvermoë hê (1 Joh. 4:1-6).
Die Gees van die profesie

Johannes 16:13 sê dat die Heilige Gees ook die toekomstige dinge aan ons sal verkondig. Hy help ons om ‘n wederkomsverwagting te hê, Bybelse profesieë te verstaan en die woord van die waarheid reg te sny (2 Tim. 2:15). Moenie die profesieë verag nie (1 Thess. 5:20), want deur op die vervulling van profesieë ag te slaan, wil die Heilige Gees ons voorberei op dit wat in die toekoms gaan gebeur. As ons hierdie ingesteldheid het, sal ons nie ons wederkomsverwagting verloor en geestelik aan die slaap raak in die middernaguur van hierdie bedeling nie.

Die Heilige Gees self waarsku ons ook teen groot afvalligheid en geestelike misleiding wat in die eindtyd sal voorkom (1 Tim. 4:1). Hierdie misleiding sal deur Satan se gees van dwaling voortgedryf word (1 Joh. 4:6), wat groot hoeveelhede valse profete tot sy beskikking sal hê (1 Joh. 4:1). Opspraakwekkende tekens en wonders sal deur hulle gebruik word, asook buite-Bybelse openbarings oor wat God na bewering vir die “profeet” of “apostel” sê. Hierdeur sal ‘n verdraaide weergawe van Jesus, van die evangelie én van die Heilige Gees aangebied word (2 Kor. 11:4). Die Heilige Gees, wat getroue kinders van die Here in die hele waarheid van die Woord lei, en ook aan ons onderskeidingsvermoë gee, waarsku ons ernstig teen hierdie eindtydse verskynsels (Joh. 16:13).
Persoonlike toewyding

Daar is diepe dankbaarheid in my hart omdat die Heilige Gees my van my sonde en verlorenheid oortuig het, en ook van die vergifnis en geregtigheid wat deur die kruisdood van Jesus Christus aan my gebied word. Hy het my deur die wedergeboorte in die liggaam van Christus gedoop toe ek sy vriendelike aanbod tot verlossing in die geloof aanvaar het. Ek is vol lof vir die Here se genadewerk deur die Heilige Gees, wat ook in al my ander behoeftes voorsien: Hy onttroon die vlees en vul my hart en wese; Hy beklee my met krag uit die hoogte om vir Jesus te kan getuig; Hy gee aan my verligte oë van die verstand om die Bybel te verstaan en alle dinge uit ‘n geestelike perspektief te kan beoordeel; en Hy skenk aan my sy vrede in die hart wanneer ek die regte besluite neem. Ek verbind myself tot gehoorsaamheid aan God wanneer Hy my deur sy Gees lei, en ook tot selfdissipline om nie dinge te doen waardeur ek die Heilige Gees kan bedroef nie. Mag ek daagliks só onder die beheer van die Gees lewe en wandel dat ek nooit die begeerlikheid van die vlees en die sinne sal volbring nie. Ek dank die Here vir hierdie lewe van oorwinning onder die leiding van sy Heilige Gees!
Vrae

1.    Noem en bespreek 5 beskrywende name van die Heilige Gees.

2.    Waarvan oortuig die Heilige Gees ons?

3.    Wat is die rol van die Gees in die werk wat ons vir die Here moet doen?

4.    Wat is die funksie van die Heilige Gees in Bybelse profesieë?

5.    Waar in die NT word melding gemaak van die feit dat die Gees van ewigheid af bestaan?

Tuesday, March 31, 2015

Die Ware Oorsprong van Paasfees

Deur David C. Pack
Paasfees is 'n wêreldwye tradisie wat baie sedes inhou wat mense glo Christelik te wees. Wat is die oorsprong van Vastyd en sonop dienste? Hoe het hase, eiers en paasbolletjies met Christus se opstanding verenig? Word Paasfees in die Bybel genoem? Het die apostels van die vroeë Kerk dit gehou? Die antwoorde sal u skok!

Meeste mense volg na soos wat hulle geleer was, met die veronderstelling dat dit wat hulle glo en doen reg is. Hul oortuigings is reg genoeg. Meeste neem nie die tyd om waarom hulle die dinge wat hulle doen te beproef nie.

Hoekom glo u dit wat u glo? Waar het u oortuigings vandaan gekry? Is die bron van u geloof die Bybel—of een of ander gesag? Indien u sê die Bybel, is u seker?

Wat van Paasfees? Aangesien honderde miljoene dit onderhou, glo in eer van Jesus Christus se opstanding, dan moet die Bybel baie daaromtrent te sê hê. Sekerlik moet daar baie verse wees waarin hase, eiers, eier jagte, mandjies vol suikerklontjies, paasbolletjes, Vastyd, Goeie Vrydag en sonop dienste genoem word—om nie Paasfees self te noem nie.

Paasfees moet van naderby ondersoek word en hierdie boekie doen dit deeglik.
Bybel Gesag vir Paasfees?

Die Bybel is die gesag vir alle Christelike dinge. Word Paasfees daarin genoem? Ja.

Neem kennis van Handelinge 12:1. Koning Herodus het begin om die Kerk te vervolg, wat gekulmineer het in die brutale dood van die apostel Jakobus deur die swaard. Dit het die Jode so behaag dat die apostel Petrus ook deur Herodus gevange geneem was. Die plan was om hom later aan die Jode te oorhandig. Vers 3 sê, “En dit was die dae van die ongesuurde brode.” Die Nuwe Testament Kerk het die dae wat in Levitikus 23 beskryf word, onderhou. Lees nou vers 4: “Toe hy [Herodus] hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, [sestien] om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die Paasfees voor die volk te bring.”

Is hierdie Bybelse gesag vir Pase?

Hierdie vers verwys nie na Paasfees nie. Hoe weet ons dit? Die woord wat as Paasfees vertaal word, is die Griekse woord pascha (vanaf die Hebreeuse woord pesach; daar is geen oorspronklike Griekse woord vir Pasga nie) en het slegs een betekenis. Dit beteken altyd Pasga—dit kan nooit Paasfees beteken nie! Daarom vind ons ‘n Hebreeuse woord in die Griekse Nuwe Testament. Weereens kan hierdie Hebreeuse woord slegs na Pasga verwys. Ander vertalings, insluitende The Revised Standard Version, verwys ook korrek na die woord Pasga.

In stede van Paasfees goed te keur, bewys hierdie vers eintlik dat die Kerk steeds die sogenaamde Joodse Pasga gevier het, tien jaar na die dood van Christus.

Kom ons gaan nou na die ander Skrifgedeeltes wat Paasfees magtig. Dit bied 'n probleem. Daar is niks nie! Daar is absoluut geen verse enige plek in die Bybel wat die Paasfees viering magtig of goedkeur nie! Die Bybel sê niks van Vastyd, eiers en eier jagte, mandjies vol suikerklontjies ens. nie, alhoewel bolletjies en sonop dienste as gruwels genoem word wat God natuurlik veroordeel. Ons sal hulle ondersoek en leer hoekom.

Die vertaalfout van Handelinge 12:4 is nie 'n baie subtiele poging om 'n heidense fees in die Skrif in te voeg, met die doel om dit te magtig nie. Ons sal later die Pasga van naderby ondersoek.
'n Kort Kykie na Pasga

Die welbekende Ou Testament storie sentreer op God se bevryding van Israel vanuit Egipte deur tien wonderbaarlike plae. Hierdie het ingesluit, die doodsengel wat “oor” al die huise waar die Israelite gewoon het, sou gaan. Hulle was opgedra om bloed op die deurposte te sit om te verseker dat net die eersgeborenes van Egipte sou sterwe. In hierdie eerste Pasga was dit net die bloed van 'n geslagte lam wat elke Israelitiese huis beskerm het. Terwyl Egipte die doods plaag ondervind, is die eergeborenes van Israel deur bloed verlos. Deur gehoorsaam te wees aan God se opdrag en deur geloof in Sy belofte om hulle te bewaar, was hulle die dood gespaar.

Hierdie weergawe van die Pasga word in Eksodus 12:12-14 gevind. Vers 14 verklaar dat die Pasga seremonie 'n opdrag van God was om 'n jaarlikse gedenk fees te wees, wat deur Israel “virewig” gehou moet word. (Hierdie opdrag word in Levitikus 23:5 herhaal). Die sewe dae fees wat die Fees van ongesuurde Brode is word in Eksodus 12:15 ingestel (weer herhaal in Levitikus 23:6-8) wat onmiddelik die Pasga fees elke jaar moes volg. Dit is waarom Handelinge 12:3 verklaar, “En dit was die dae van ongesuurde brode,” voordat die Pasga in die volgende vers genoem word. Hierdie dae word altyd met mekaar verbind en saam gehou.
Wat van die Nuwe Testament?

Indien die Pasga virewig ingestel was, moet die Nuwe Testament opdrag vir die onderhouding daarvan duidelik wees. Hierdie opdrag word in 1 Korinthiërs 5:7-8 gevind: “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, [met ongesuurde brode wat altyd die pasga volg soos hierbo verduidelik is]…”

Christus, as die Lam van God (Johannes 1:29; Handelinge 8:32; 1 Petrus 1:19; Openbaring 5:6), vervang die Ou Testament lam wat gedurende Pasga elke jaar in die aand geëet word. Die Nuwe Testament simbole van brood en wyn was ingestel sodat Christene die liggaam van Christus, die ware Lam van God, kon eet en Sy bloed drink. Jesus se offer het die nodigheid om 'n lente lam te slag vervang. Lukas 22:19 wys dat Jesus die brood en die wyn vervang het wat jaarliks in herdenking van Sy Offer vir die vergewing van ons sonde beide fisies en geestelik geneem word.

(Lees ons boekie How Often Should the Lords Supper Be Taken? Dit bewys dat Christus nie die Pasga met 'n ander fees vervang het nie! Dit maak ook duidelik dat die enigste ding wat Hy vervang het, was die lente lam met Sy eie offer—met die instelling van brood en wyn om dit te simboliseer!)

Vroeë Christene het die Pasga gehou, nie Paasfees nie. Neem kennis hiervan vanuit die Encyclopedia Britannica, 11de., uitg. Vol 8, bls 828: Daar is geen aanduiding van die onderhouding van Paasfees in die Nuwe Testament nie, of in die geskrifte van die Apostoliese Vaders nie…Die eerste Christene het aangehou om die Joodse feeste te onderhou [God se Levitikus 23 feeste], ofskoon in 'n nuwe gees, as herdenkings van gebeurtenisse wat hierdie feeste afskadu. Dus die Paasfees met 'n nuwe begrip van Christus as die ware Pasga Lam, daartoe toegevoeg…was aangehou om onderhou te word.”

Die oorspronklike apostels en die vroeë Nuwe Testament Kerk het nie Paasfees onderhou nie. Let op: “In die tweede eeu A.D. was Paasfees dag onder Christene in Klein Asië [hierdie sou die heiden kerke wees wat Paulus in plekke soos Filíppi, Kolosse, Galásië ens. gestig het—en die Galasiërs gewaarsku (4:9-10) omtrent die onderhouding van dae soos Paasfees], die 14 de van Nisan [of Abib] die sewende maand van die [siviele] Joodse almanak” (World Almanac, 1968 uitg., bls. 187). Die datum wat hier beskryf word is nie Paasfees dag nie, maar eerder die Pasga—wat op die 14 de dag van die eerste maand (Nisan) van die heilige almanak gehou word. Die apostels en vroeë Kerk het nie Paasfees onderhou nie.

Nieteenstaande die oorweldigende bewyse dat God se Heilige Dae, soos in Levitikus 23 gelys word, steeds deur Christene vandag onderhou moet word (Handelinge 2:1; 12:3; 18:21; 20:6; 16; I Kor. 5:7-8; 16:8), is daar feitlik niemand wat beweer dat hulle in die God van die Bybel glo, wat dit onderhou nie! Amper niemand wat bely dat hulle Jesus Christus aanbid, onderhou die Pasga soos Hy opgedra het nie. Hoekom?

Aangesien daar nie 'n opdrag in die Bybel is om Paasfees te onderhou nie, terwyl God se permanente opdrag om die Pasga te onderhou wel daar is, vanwaar het Paasfees dan ontstaan? Na ‘n oorsig van Pasga, is ons gereed om die oorsprong van Paasfees te bestudeer.
Toe Paasfees na Amerika Gekom het

Paasfees is reeds lank bekend as 'n heidense fees! Amerika se oprigters het dit geweet! 'n Kinderboek omtrent die vakansie dag, Easter Parade: Welcome Sweet Spring Time! Deur Steve Engelhart, bls 4, verklaar: “Toe die Puritane na Noord Amerika gekom het, het hulle die viering van Paasfees—en die viering van Kersfees—met agterdog beskou. Hulle het geweet dat heidene die terugkeer van die lente gevier het lank voor Christene Paasfees gevier het…vir die eerste twee honderd jaar van Europese lewe in Noord Amerika, het net 'n paar state, meestal in die Suide, enige aandag aan hierdie vakansiedag gegee.” Na die Siviele Oorlog het Amerikaners hierdie vakansiedag begin vier: “Paasfees het 'n Amerikaanse tradisie in die 1870’s geword” (Bladsy 5). Opmerklik! Die oorspronklike 13 kolonies van Amerika het as 'n “Christen” nasie begin, met die kreet van “Geen koning net Koning Jesus.” Die nasie het nie die Paasfees binne 'n hele eeu van sy ontstaan, onderhou nie. Wat het gebeur om dit te verander?
Waar Het Paasfees Vandaan Gekom?

Klink die volgende bekend?—Lente is in die lug! Blomme en hasies versier die huis. Vader help die kinders om pragtige ontwerpe op eiers te verf wat in verskillende kleure geverf is. Hierdie eiers wat later weggesteek en gesoek sal word, word in pragtige seisoenale mandjies geplaas. Die wonderlike geur van paasbolletjies wat moeder in die oond bak, trek deur die huis. Veertig dae van die afsien van sekere tipes kosse sal finaal die volgende dag eindig. Die hele familie soek hul beste Sondag klere uit om die volgende oggend tydens sonop aanbidding te dra om die verlosser se opstanding en die hernuwing van lewe te vier. Almal sien uit na die sappige ham met al die garneersel. Dit sal 'n aangrypende dag wees. In der waarheid is dit een van die mees geestelike vakansie dae van die jaar.

Paasfees, reg? Nee! Dit is 'n beskrywing van 'n antieke Babiloniese familie—2,000 jaar voor Christus—wat die opstanding van hul god, Tammus eer, wat deur sy Moeder/eggenote, Ishtar, van die onderwêreld uitgebring is (na wie hierdie fees vernoem is). Ishtar was eintlik “Easter” in die meeste semetiese dialekte uitgespreek en dit kan van hierdie gebeurtenis wat hier uitgebeeld word, in 'n sin gesê word, dat dit “Paasfees” is. Natuurlik kan ook gesê word dat hierdie geleentheid maklik 'n Frigiese familie is wat Attis en Cybele eer, of miskien 'n Fenisiese familie wat vir Adonis en Astarte aanbid. Wat ook hierdie beskrywing goed sal pas, is 'n heidense Israelitiese familie wat die Kanaänietiese Baál en Astoret eer. Of hierdie beskrywing kan net sowel enige aantal immorele, heidense vrugbaarheids vieringe van dood en opstanding—insluitende die moderne Paasfees viering soos wat dit na ons gekom het deur die Angel-Saksie vrugbaarheid instellings van die godin Eostre of Ostara. Hierdie is almal dieselfde feeste wat net deur tyd en kultuur geskei is.

Indien Paasfees nie in die Bybel voorkom nie, waarvandaan het dit dan gekom? Die grote meerderheid van ekklesiastiese en sekulêre geskiedkundiges stem saam dat die naam van Paasfees en die tradisies wat dit omring diep in heidense geloof gewortel is.

Neem nou kennis van die volgende kragtige aanhalings wat meer demonstreer van die ware oorsprong hoe die moderne Paasfees viering sy naam gekry het:

“Vanaf Bede die Eerwaardige (De ratione temporum 1:5) is die oorsprong van die uitdrukking van Christus se Opstanding, populêr beskou as van die Angel-Saksie Eastre, 'n godin van lente… die Ou Hoë Duitse meervoud vir daeraad, eostarun vanwaar die Duitse Ostern gekom het en ons Engelse Paasfees” (The New Catholic Encyclopedia, 1967, Vol. 5, bls. 6).

“Die feit dat lente feeste algemeen onder heiden mense was, het sonder twyfel baie te doen gehad met die vorm wat by die Oostelike fees in die Christelike kerke veronderstel was. Die engelse term vir Paasfees (Easter)is van heidense oorsprong” (Albert Henry Newman D.D. L.L.D., A Manual of Church History, bls. 299).

“Op hierdie grootste van Christen feeste, vind daar verskeie oorlewings van antieke heidense seremonies plaas. Om mee te begin, is die naam self nie Christen nie maar heidens. Ostara was die Angel-Saksiese Godin van Lente” (Ethel L. Urlin, Festival, Holy Days, and Saints Days, bls. 73).

“Paasfees—die naam is afkomstig van Ostera of Eostre, die Angel-Saksiese godin van lente, vir wie 'n lente fees jaarliks gehou was, omdat dit van hierdie heidense fees is van waar sommige van ons Paasfees gewoontes gekom het (Hazeltine, bls. 53).

“In Babilonië… was die godin van lente Ishtar genoem. Sy was vereenselwig met die planeet Venus, wat, omdat…[dit] voor die Son opkom…of daarna sak… voorkom asof dit die lig lief het [dit beteken dat Venus die son-god lief het]… In Fenisië, het sy Astarte geword; in Griekeland Eostre [verwant aan die Griekse woord Eos: daeraad”] en in Duitsland, Ostara [en dit kom van die Duitse woord Ost; “oos” wat die rigting van die daeraad is] (Englehart, bls. 4).

Soos reeds gesien, word ‘n hele aantal name gebruik vir die meer bekende Paasfees. Heidene het tipies talle verskillende name vir dieselfde god of godin gehad. Nimrod, die Bybelse figuur wat die stad Babilon gebou het (Gen. 10:8), is 'n voorbeeld. Hy was as Saturn, Vulcan, Kronos, Baäl, Tammus, Molech en andere aanbid, maar hy was altyd dieselfde god—die vuur of son-god, algemeen in feitlik elke antieke kultuur aanbid. (Lees ons gratis boekie The True Origin of Christmas om meer van hierdie vakansiedag en Nimrod se aandeel daarin te leer.)

Die godin Easter was nie anders nie. Sy was een godin met baie name—die godin van vrugbaarheid, wat in die lente aanbid word wanneer alle lewe hernu.

Die wyd bekende historikus Will Durant, in sy beroemde en gerespekteerde werk, Story of Civilization, blse., 235, 244-255, skryf hy, “Ishtar [Astarte vir die Grieke, Ashtoret vir die Jode] interesseer ons nie net as 'n analoog van die Egiptiese Isis en prototipe van die Griekse Afrodiet en die Romeinse Venus, maar as die formele begunstigde van een van die vreemdste Babiloniese instellings… bekend aan ons hoofsaaklik van 'n beroemde bladsy in Herodotus: Elke boorling vrou is gebonde om een maal in haar lewe, in die tempel van Venus(Easter)te sit en met enige vreemdeling gemeenskap te hê.” Is dit dan 'n wonder dat die Bybel praat van daardie godsdienstige sisteem wat van daardie antieke stad afkom is as die “Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde”? (Opb. 17:5)

Ons moet nou dieper kyk na die oorsprong van die ander gewoontes wat met die Paasfees viering verbind is.
Die Oorsprong van Vastyd (Lent)

Volgens Johannes Cassianus wat in die vyfde eeu geskryf het, “Ofskoon u moet weet, dat solank as die primitiewe kerk sy volmaaktheid heel behou, het hierdie nalewing van Vastyd nie bestaan nie” (First Conference Abbot Theonas, hoofstuk 30). Daar is geen Bybelse of historiese rekord van Christus, die apostels of die vroeë Kerk wat aan die Vastyd seisoen deelgeneem het nie.

Aangesien daar nie 'n opdrag in die Bybel is om Vastyd na te kom nie, waar het dit vandaan gekom? 'n Veertig dae afsienings periode was eertyds as eerbewys aan die heidense gode Osiris, Adonis en Tammuz waargeneem (John Landseer Sabaean Researchers, bls. 111, 112). Alexander Hislop se “The Two Bablilons” bls. 104-105, sê hierdie van die oorsprong van die Vastyd: “Die veertig dae onthouding van Vastyd was regstreeks van die aanbidders van die Babiloniese godin geleen. So 'n Vastyd van veertig dae in die lente van die jaar, word steeds nagekom deur die Yezidis of heidense duiwelsaanbidders van Koordistaan, wat dit van die vroeë meesters, die Babiloniërs geërf het. So 'n Vastyd van veertig dae was in die lente deur die heidense Meksikaners gehou… So 'n Vastyd van veertig dae was in Egipte gehou…”

Vastyd het van die heidendom gekom, nie van die Bybel nie! (Om meer te leer oor die Vastyd seisoen, lees ons artikel “The True Meaning of Lent.”)
Eiers, Eier Soek en Paasfees

Eiers is nog altyd met die Paasfees viering verbind. Feitlik elke kultuur in die moderne wêreld het 'n lang tradisie om eiers mooi en in verskillende maniere te kleur. Ek het eentyd 'n reisende vertoning van baie soorte pragtig versierde eier patrone wat die mode en tradisies van feitlik elke land van moderne Europa verteenwoordig, ondersoek.

Let op die volgende: “Die oorsprong van die Paaseier is gebaseer op die vrugbaarheids wysheid van die Indo-Europeese nasies…Vir hulle was die eier 'n simbool van lente…In Christen tye het die eier 'n geloofs vertolking verkry en 'n simbool geword van die rots-graf vanwaar Christus te voorskyn gekom het na 'n nuwe lewe na Sy opstanding” (Francis X. Weiser, Handbook of Christian Feasts and Customs, bls. 233). Hierdie is ‘n regstreekse voorbeeld van hoe heiden simbole en sedes “Verchristelik” word, d.i. Christen-pas name word vir heiden maniere opgelê. Dit word gedoen om te mislei—sowel as om mense beter te laat voel oor hoekom hulle 'n gebruik volg wat nie in die Bybel is nie.

Let op: “Oor die Christen viering van die Paasfees…volk gebruike het versamel waarvan baie van die antieke seremonies oorgedra is…simbolisme van Europese en Middel-Oosterse heiden lente vierings…by voorbeeld, eiers…is baie prominent as simbole van nuwe lewe en opstanding” (Encyclopedia Britannica, 1991 uitg., Vol. 4, bls. 333).

Laastens kom die volgende uit Egyptian Belief and Modern Thought, James Bonwick, bls. 211-212: “Eiers was in Egipties Tempels opgehang.

Bunsen bepleit aandag vir die aardse eier, die embleem van generatiewe lewe, voortgaande van die mond van die groot god van Egipte. Die mistieke eier van Babilon wat die Venus Ishtar uitbroei, en uit die hemel na die Eufraat rivier geval het. Gekleurde eiers was heilige Paasoffers in Egipte, soos wat dit steeds in Sjina en Europa is. Paas, of lente, was die seisoen van geboorte, aards en hemels.”

Wat kan meer eenvoudig wees om die ware oorsprong van die “Paaseier” te wys? 'n “Paaseier” is net 'n eier wat pas by Paasfees. God het nooit Pasga eiers of Dae van Ongesuurde Paaseier brode gemagtig nie, maar daar was Paaseiers vir duisende jare!

Natuurlik het die eier wat lente en vrugbaarheid verteenwoordig, gevorder om tot in die reeds heidense lente vieringe aangeneem te word. Om hierdie simbool aan Christus se Opstanding in die lente te verbind het baie kreatiwiteit en menslike beredenering vereis. Maar selfs die uiterse kreatiewe menslike beredenering kon nog nooit suksesvol die volgende Paas simbool aan enige iets Christelik koppel nie, omdat daar nie 'n enkele woord daaroor enige plek in die Nuwe Testament is nie.
Die Paashaas

Hier is twee addisionele aanhalings van Francis Weiser omtrent die oorsprong van die “Paashaas”: “In Duitsland en Oostenryk is klein nessies met eiers, deeg, suikerklontjies in weggesteekte plekke geplaas en het die kinders geglo dat die paashaas wat ook so gewild in hierdie land is, die eiers gelê het en die suikerklontjies gebring het” (bls. 235) en het “Die Paashaas sy oorsprong in voor Christelike volks kennis…Geloofs simbole is nog nooit aan die Paashaas vir feestelike gebruik geskenk nie…Nietemin het die paashaas 'n kosbare rol in die viering van Paasfees bekom as die legendariese produseerder van Paaseiers vir kinders in talle lande” (bls. 26).

Hier is verdere bewys van die oorsprong van Paaseiers en hase. Dit demonstreer hoe niemand ooit die Paashaas met enige iets wat Christen is, kon verbind nie, nog minder in die Bybel. “Die Paashaas is nie 'n ware Christen simbool nie” (John Bradner, Symbols of Church Seasons and Days, bls. 52) en “Alhoewel aangeneem in 'n aantal Christelike kulture, het die Paashaas nog nooit enige spesifieke Christelike vertolking verkry nie” (Mirsea Eliade, The Encyclopedia of Religion, bls. 558).

Niks hiervan sal die miljoene belydende Christene weerhou om hul grasperke en huise elke lente met Paashase te versier nie.

Oorweeg hierdie laaste aanhaling: “Die haas, die simbool van vrugbaarheid in antieke Egipte, 'n simbool wat later in Europa bewaar is…Sy plek is ingeneem deur die Paashaas” (Encyclopedia Britannica, 1991 uitg., Vol., 4, bls. 333).

Selfs in moderne tye het hase die algemene simbole van vrugbaarheid gebly. Terwyl hulle vinnige tempo van aanwassing wel bekend is, is daar 'n ander probleem wat met hase ontstaan—hulle lê nie eiers nie! Terwyl beide duidelik simbole van vrugbaarheid is, is daar geen logiese manier om hulle saam te koppel nie. In 'n wêreld vol heidense tradisies, kan waarheid en logika verlore raak. Om hierdie simbole met Christelikheid saam te laat vloei, maak 'n reeds afgodiese praktyk erger.

Daar is niks Christelik omtrent enige van hierdie simbole nie. Die ware geskiedenis van hierdie vrugbaarheids simbole, hase en eiers is totaal onbekend vir al die argelose kinders wat deur volwassenes geleer is om te dink hulle is so spesiaal.

Die ganse konsep dat dit Christelik is, is 'n leuen wat op onskuldige kinders afgesmeer is, wat sal glo dat “die maan van kaas gemaak is” net omdat iemand aan hulle dit vertel. Terwyl dit skokkende feite is, is hulle nogtans waar.
'n Nagemaakte Verlosser?

Een van die sentrale temas van die Nuwe Testament is dat Jesus Christus gekom het om vir die sonde van die mensdom te sterf en verlossing vir 'n wêreld wat van God afgesny is, aan te bied.

Die meester vervalser (Satan die duiwel, wat die “god van hierdie wêreld” in 2 Korinthiers 4:4 genoem word) strewe om elke aspek van God se plan na te maak. Hy “Verlei die hele wêreld” (Opb. 12:9). As die aarts-misleier, sal hy nie tevrede wees om alle ander aspekte van Christenheid te vervals, maar nie die identiteit en aanbidding van die ware Verlosser nie!

Wie is die ware “verlosser”, sentraal tot die “Paas-Sondag” tradisie? Is dit die Jesus Christus van die Bybel? Indien u “ja” sê, is u seker? Geskiedenis beantwoord hierdie vraag duidelik hiermee:

Let eerste op dat “…die begrip van 'n Verlosser-God was heel natuurlik in die heiden wêreld…die begrip van verlossing ondersteun die idee van sulke gode soos Osiris, Attis en Adonis…” (John M. Robertson, Christianity an Mythology, bls. 395).

En dan hierdie: “Daar word dikwels aangedring dat hierdie geloof in die Opstanding van Jesus, weens idees van heilige opstanding wat in die hedendagse samelewing…stories van Attis, Adonis en Osiris…In die heidense stories is die opstanding 'n blye ommekeer van 'n nederlaag; in die Christen storie is dit die aanvulling van seëvierende dood. Dit mag gesê word dat Attis en Osiris gered is deur weer op te staan, Jesus deur dood te gaan…Die Paas onderhouding het nie dadelik ontstaan uit die geloof van die Opstanding nie, maar dit het later deur geleidelike stadiums uit die Joodse Pasga ontwikkel. Die begrip bedoel met die Paasfees groete van Christus het opgestaan, is 'n sekondêre ontwikkeling; die idee kom van hierdie fees en sy gebeure in die lente; die fees kom nie van die idee nie. Die idee van Christus se opstanding was in die ou praktyk van Pasga onderhouding ingejekteer en nie andersom nie” (A. Nock, Early Gentile Christianity and its Hellenistic background, bls. 105-107).

Laastens, word die kragtige tema van hierdie dikwels-herhaalde namaaksel duidelik gemaak deur die historikus James George Fraser: “Nou die dood en opstanding van Attis was amptelik in Rome gevier op die 24ste en 25ste van Maart, die laasgenoemde beskou as die lente ekwinoks en…ooreenkomstig 'n antieke en wydverspreide tradisie het Christus op die 25ste Maart gely…die tradisie wat Christus se dood op die 25ste Maart geplaas het…is al hoe meer opmerklik daar astronomiese oorwegings bewys dat dit nie enige historiese fondasie kon hê nie…Wanneer ons onthou dat die fees van St. George in April die antieke heidense fees van die Parilia vervang het; dat die fees van St. Johannes die Baptis in Junie opgevolg is na 'n heidense Middelsomer fees van water; dat die fees van die Hemelvaart van die Maagd in Augustus die fees van Diana uitgelig het; dat die fees van Allersiele (wat Allerheiligeaand volg) in November is 'n voortsetting van 'n ou heidense fees van die dooies; en die geboorte van Christus homself na die wintersonstilstand in Desember bepaal is, omdat daardie dag as die Geboorte van die Son beskou was; ons kan nouliks as ondeurdag of onredelik beskou word indien ons vermoed dat die ander kardinale fees van die kerk—die inseëning van Paasfees—in dieselfde manier en van dieselfde motiewe van lering, aangepas na 'n eenderse viering van die Frigiese god Attis ten tye van die lente ekwinoks was…Dit 'n merkwaardige sameloop…dat die Christen en heidense feeste van die heilige dood en opstanding dieselfde seisoen ingeseën moes word…Dit is moeilik om die sameloop as blote toeval te beskou” (The Golden Bough, Vol. I, blse. 306-309).

Ons kan die bovermelde bron saamvat. Die Romeinse Katolieke Kerk het 'n praktyk om heidense feeste in te lyf—Christen name aan hulle toe te dig en hulle “Christen” te noem. Dit was gedoen om “Christelikheid” meer smaaklik en bekend vir heidense aanbidders te maak, wat die kerk poog om aan te lok. Hoe het so 'n toestand van sake ontwikkel?

Dit kan nou beter verstaan word waarom die apostel Paulus aan die Korinthiërs geskryf het dat hulle bewus moet wees van die geslepe misleiding van “'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het.” Hy het gesê, “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Kor. 11:2-4).

Mense kan vandag dink dat hulle die ware Verlosser aanbid terwyl hulle 'n valse verlosser aanbid—'n ander Jesus! Die geheel van Christendom aanbid eintlik vir Baäl, die bemiddelaar en son god, wat na sy “eggenote” Ishtar (wat eintlik sy moeder Semiramis was)—wat ons later sal sien is die een wat die Bybel die “Koningin van die Hemel” noem.

Mense kan in maniere aanbid wat dinge verteenwoordig wat ver verskil van dit wat hulle opreg glo of bedoel. Oorweeg die volgende klassieke geval.
Sonop Dienste

In die Bybel word Sonopdienste genoem. Maar, wat God van hierdie gebruik sê is nie wat u verwag nie. Neem kennis van hierdie verbasende verse. Die profeet Eségiël was, in visioen, 'n belangrike profesie oor die sonde van God se mense in ons tyd gewys.

Dit is nodig om die hele samehang van hierdie verse versigtig te ondersoek om die verskerpte veroordeling wat God in Sy slotsom bou te verstaan: “…En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen…kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween. Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste. En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit…te gering om die gruwels te doen, wat hulle hier bedrywe,…daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie” (Esg. 8:13-18).

Onderhouding van sonop diense is ernstig vir God! Hy haat hierdie veragtelike praktyk so, dat Hy uiteindelik almal wat daarmee volhou sal vernietig (Esg. 9)!

Dit is nie “te gering” vir God dat baie miljoene elke Paasfees dit doen nie! Dit mag “mooi,” “geestelik” en “roerend aangrypend” wees vir hulle wat daaraan deelneem, maar God het Sy ware mense verbied om hulle eie geloofs gebruike en idees te bedink. Hy is nie geïnteresseerd in wat mense persoonlik mag voel of dink wat reg is nie. Hy is geïntereseerd in diegene wat omgee oor wat Hy dink! Sover dit Hom aangaan, antieke son aanbidding, in Paas swierigheid en kappies opgetooi, is net 'n moderne verpakking van 'n baie ou afgods gebruik.

Oorweeg God se eie woorde in Deuteronómium 12:28-32 (NKJ): “Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel,…en jy in hulle land woon, neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word…en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien?—dat ek ook so kan doen. So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE ‘n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie”

God vertel Christene om nooit wat goddelik is te meng met wat heidens is nie—of die waarheid met wat vals is nie! Moenie toelaat dat mense aan jou vertel dat dit wat God sê, nie 'n verskil maak nie. Dit maak!
Paasbolletjies

Toe ek in graad een was moes al die kinders in my klas 'n solo van sy of haar keuse sing. Ek sal nooit daardie skrikwekkende oomblik vergeet nie. Ek was doodskaam en so verleë dat ek die kortste liedjie in ons sangboek “Paasbolletjies” uitgesoek het en dit voor die klas gesing het. Natuurlik het ek geen idee gehad oor wat ek gesing het nie. Alhoewel kort (dit was net vyftien woorde), het ek nooit die les van sy betekenis vergeet nie.

Neem kennis van Jeremia 7:18: “Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.” Die koeke wat aan die hemelkoningin aangebied word is dieselfde as die paasbolletjies wat miljoene kinders vandag oor sing (Alexander Hislop, The Two Babylons, bls. 107). Wat so onskuldig voorkom is geensins onskuldig nie.

Wie is die koningin van die hemel?
Astartes—Die Koningin van die Hemel

Astartes (Paas)-aanbidding was altyd verbind met aanbidding van Baál of sonop aanbidding. Astarte was Baál se vrou. Let op 'n ander naam vir Astartes, was Asterot. Die volgende aanhaling maak hierdie punt duidelik: “Wat beteken die uitdrukking Paasfees self? Dit is nie 'n Christelike naam nie. Dit dra die Chaldese oorsprong op die voorkop. Paasfees (soos in engels genoem, Easter) is niks anders as Astarte, een van die titels van Beltis, die koningin van die hemel. Nou, die Assiriese godin, of Astarte word met Semiramis as koningin van Babilon deur Athenagoras (Legatio, vol. ii, bls. 179 en deur Lucian (De Dea Syria, vol. iii, bls. 382), geidentifiseer. Nou, geen naam kan die karakter van Semiramis meer presies as koningin van Babilon uitbeeld, as die naam ‘Ash-tart’ nie, want dit beteken net ‘Die vrou wat torings maak’… Asturit, is dan klaarblyklik dieselfde as die Hebreeuse ‘Asoret’” (Alexander Hislop, The Two Babylons, blse. 303, 307-308).

Neem kennis van hierdie oortuigende aanhaling van Microsoft Multimedia Encyclopedia: “Ishtar was die groot moeder van vrugbaarheid en die koningin van die hemel.” So in werklikheid was Astoret (Astartes) Nimrod se owespelige, moeder/eggenoot weduwee Semiramis soos baie historiese geskiedkundiges beaam! Pase is nou bevestig as niemand anders as Astartes van die Bybel nie. Ons kan nou die Heilige Skrif ondersoek wat wys hoe God die aanbidding van hierdie heidense godin beskou—met enige naam.
God Noem Paasfees Boos

Nou dat ons weet dat Easter/Pase die godin Astartes is, is dit vir ons nodig om in die Bybel te kyk om te sien wat God van haar dink. Kyk na hierdie vers: “En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baáls gedien. Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astartes dien, (Easter/Pase)” (Rig. 2:11, 13).

Die konteks wys dat God toegelaat het dat Sy mense in gevangeskap uit hulle land geneem word as gevolg van hierdie sonde! Dit gaan voort om te verduidelik hoe God oor en oor deur 'n reeks van Rigters Sy mense verlos het. Na elke bevryding het Israel terug gekeer na dieselfde afgode, wat op sy beurt nog 'n gevangeskap via die nasies rondom hulle meegebring het. Dit wil voorkom asof hulle nooit geleer het nie, soos vers 19 duidelik maak: “Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger… gehandel deur agter ander gode aan te loop…hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.” In Hoofstuk 10 vers 6 herhaal Israel hierdie patroon van hardnekkigheid. En God, net so hardnekkiglik, noem dit steeds boosheid.

Die Baál en Astarte aanbidding het tydens Samuel se tyd weer voorgekom. Samuel het Israel vertel, “…Verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; Daarop het die kinders van Israel die Baáls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien” (1 Sam. 7:3-4). Later, in 1 Samuel 12:10-11, het Samuel openlik Israel se geskiedenis aan hulle vertel. Hy het hulle herinner dat hulle gedurig tot God terug gekeer en Hom gehoorsaam het, om maar net weer en weer agteruit in afgodery in te verval!

Dit was reeds gesê, “Dat die enigste ding wat uit die geskiedenis geleer is, is dat niemand uit die geskiedenis leer nie.” George Santayana het dit selfs verder gevoer, deur te sê “Diegene wie nie deur die les van geskiedenis leer nie, is gedoem om dit te herhaal.”

Hierdie les beskryf antieke Israel—maar dit beskryf ook vandag se moderne wêreld. Omdat Israel nie op die spoor kon bly nie, was hulle mettertyd in gevangeskap geneem en vir die geskiedenis verlore geraak! Na nog een meer gevangeskap en straf, openbaar profesie dat Christus hulle vir die laaste keer bymekaar sal maak.
Een Finale Voorbeeld

Die Bybel verklaar dat Koning Salomo die wysste man was wat ooit gelewe het. Tog, het hy 'n fout gemaak wat God so ernstig beskou het dat Hy na sy dood Salomo gestraf het deur sy troon van sy seun te verwyder.

Sy fout?

Hy het met 'n vrou getrou wie hom verlei het na aanbidding van Astarte (Astoret). Neem kennis van 1 Konings 11:4-6: “En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan,…En Salomo het agter Astarte, die godin van die Sidoniërs, So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie.” Verse 11 en 12 bewys dat die koninkryk van sy seun weggeneem is.
Twee Kerke: Die Groot Omskakeling

Daar is twee heeltemal verskillende kerke wat in die Nuwe Testament uitgebeeld word. Een, die ware Kerk wat Jesus gebou het, is as die bruid van Christus beskryf wat alle betrokkenheid met hierdie wêreld en sy maniere versaak om rein te wees wanneer Hy kom om haar te haal. Maar dwarsdeur die Nuwe Testament, was dit geprofeteer dat valse onderwysers sou insluip en beheer van die kerk organisasie verkry. Ware Christene sou van baie van hulle oorspronklike gemeentes moes vlug om aan te hou om God te gehoorsaam. Hulle sou daarom 'n “klein kudde” wees, dikwels verstrooi en nooit enige politiese mag in hierdie wêreld hê nie.

Die wêreld het min ag geslaan op hierdie klein, verstrooide, vervolgde Kerk, maar Christus het belowe dat Hy dit nooit sou verlaat of versaak nie en dat die “poorte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie” (Mat. 16:18). Hoewel dit periodiek vir sy lewe moes uiteenspat (Hand. 8:1; Dan. 12:7), het Christus Sy belofte om getrou te bly nagekom en dit met gesag beklee en dit deur Sy Gees versterk. Nieteenstaande aanhoudende vervolging—selfs in tye van groot martelaarskap deur die groot gewilde kerke wat dit altyd wou vernietig—het 'n oorblyfsel dwarsdeur die laaste 2,000 jaar altyd oorgebly wat aangehou het om die “gebooie van God en die geloof van Jesus te bewaar” (Opb. 14:12).

God het nog altyd Sy Kerk beveel om nie heidense feeste te hou nie. Hierdie klein Kerk was nog altyd gewillig om Hom te gehoorsaam. Die hele 12de hoofstuk insetsel gee 'n kort oorsig van sy geskiedenis, reg tot en deur die tyd dat God dit bewaar, tot voor Christus se wederkoms.

Paulus het die gemeente van die Thessalonicense gewaarsku, “…Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk” (2 Thes. 2:7). Hierdie verborgenheid het reeds invloed binne die ware Kerk gehad, net twintig jaar na Christus dit op 31 n.C. gestig het. Dit was die einste Chaldese Verborgenheid wat in Kersfees en Paasfees—sy twee grootste feeste, verpersoonlik was! Sonder uitsondering het die aankoms van hierdie valse feesviering vereis dat ware Christene moes vlug.

Dit is dieselfde patroon aan die werk wat hierdie boekie se skrywe genoodsaak het. Sedert die afsterwe van Meneer Herbert W. Armstrong (die leier van God se Kerk vanaf 1934 tot 1986), het die geprofesseerde “afval” (die Griekse woord apostasia hier beteken “om van die waarheid weg te dwaal”) voor die wederkoms van Christus (2 Thes. 2:1-3), nou gebeur. Baie van Meneer Armstrong se skrywes is nie meer beskikbaar nie en hulle is almal deur Die Hestelde Kerk van God herskryf.

Dus, die voorheen genoemde ware Kerk organisasie het by die ander kerk aangesluit, wat as 'n hoer koningin (soos Semiramis/Astarte) beskryf word, wat 'n dier met sewe horings ry (Opb. 17). Hierdie horings verteenwoordig die historiese herlewings van die Heilige Romeinse Ryk. Hierdie hoeragtige vrou simboliseer 'n magtige, politiese kerk. Gaandeweg het hierdie kerk wat te Rome gesetel is, meer en meer heidense leerstellings en praktyke aangeneem totdat die enigste merkbare verskil tussen dit en die heidense geloof, die gebruik van die woorde Jesus Christus was. Dit is hoe dit gebeur het dat Paasfees gevier word in die plek van die ware Christen Pasga.

Hierdie “moeder kerk” het baie “dogter denominasies” en die hele sisteem is vermom onder die banier van “Christendom” terwyl hulle egter regtig die “Babilon Geheime Geloof” is. Die Bybel beeld haar uit as 'n universele verleier met alle Christen lande wat dronk gemaak is deur haar valse leerstellings! Sy word uitgebeeld dat sy dronk gemaak is deur die bloed van die heiliges, terwyl sy terselfsdertyd spog dat sy die ware kerk is. Al haar dogters het haar heidense praktyke aanvaar.
Die Kwartodesimaan Dispuut
Van Pasga na Paasfees

Wat sê die geskiedenis omtrent hoe en wanneer die heidense Paasfees gekom het om die Pasga diens wat deur God georden is, te vervang? 'n Reeks omvangryke aanhalings vertel hierdie storie—algemeen na verwys as die “Pasga-Paasfees omstredenheid.” Verskeie bronne word aangehaal sodat die storie van hoe die onegte Paasfees die Pasga vervang het, heeltemal duidelik sal wees. Hierdie probleem—Pasga teen Paasfees—het so sentraal as 'n toets van die mag van die groot kerk geword wat verlang het om die “klein kudde” te verbrysel, dat die doodsvonnis vir ongehoorsaamheid uiteindelik van toepassing sou wees op enigiemand wat een van God se Sabbatte of Sy ware feeste onderhou.

Moet nie 'n fout maak nie! Of iemand kies om God se Pasga te hou of die heidense Paasfees te vier, is ernstig!

Neem eers kennis van die volgende deur Eusebius ('n baie bekende geskiedkundige van die vroeë Kerk) van uit sy werk, Ecclesiasitcal History, Book V, Hfst. XXIII en XXIV: “'n Vraag wat nie klein in belangrikheid is nie het op daardie tyd ontstaan. Vir die gemeentes van die hele Asië, soos van 'n ouere tradisie, is behou dat die veertiende dag van die maand, op die dag wat die Jode opgedra was om die lam te offer, moet as die Verlosser se Pasga nagekom word…die biskoppe van Asië, gelei deur Polycrates het besluit om die ou gewoonte wat aan hulle gegee was, te hou. Hyself het 'n brief wat hy aan Victor en die kerk te Rome geadresseer het in die volgende woorde, die tradisie soos dit aan hom gegee was, uiteengesit:

“Ons bewaar die presiese dae, voeg nie by en neem nie weg nie. Daar, in Asië het groot ligte aan die slaap geraak, wat weer sal opstaan op die dag van die Here se wederkoms wanneer Hy in heerlikheid van die hemel sal kom en al die heiliges sal uitsoek. Onder hulle is een Filippus, een van die twaalf apostels…en boonop, Johannes, beide 'n getuie en onderwyser wat op die bors van ons Here geleun het…en Polycarp in Smyrna, wat 'n biskop en martelaar was; en Thraseus, biskop en martelaar van Eumenia…die biskop en martelaar Sagaris…die geseënde Papirius, of Melito…Hulle het almal die veertiende dag van die pasga ooreenkomstig die evangelie onderhou, het in geen aspek afgewyk nie, maar die voorskrif van geloof gevolg.”

Die 1967 New Catholic Encyclopedia verklaar: “Kwartodesimaan, 'n term wat die praktyk beskryf van die vroeë Kerk om die Pasga op die veertiende dag van Nisan te hou (die kwarta desimaal), die dag van die Joodse Pasga (Exo. 12:6, Kwartodesimanisme, heersend in Klein Asië en Sirië in die 2de eeu, het die dood van Christus, die ware Pasga slagoffer beklemtoon (Joh. 18:28; 19:42), terwyl Romeinse gewoonte Sondag as die dag van Opstanding waargeneem het. Implisiet in hierdie twee posisies is die kronologiese geskil van die Heilige Week. Soos wat die Christendom van Judaïsme geskei het, het nie-Joodse Christene beswaar gemaak om die hoof Christenfees op dieselfde dag as die Joodse Pasga te onderhou.

Romeinse inspanning om die Kwartodesimane oor te haal om hul praktyk te versaak was onsuksesvol. Tydens 'n besoek aan Rome (c. 155) van St. Polycarp van Smyrna, is die aangeleentheid vriendelik met Pous Anicetus bespreek, maar 'n ooreenkoms kon nie bereik word nie. Pous Victor (189-198), het eenheid begeer deur 'n reeks sinodes te hou in beide Ooste en Weste; almal het die Romeinse praktyk aangeneem behalwe die Asiatiese biskoppe. Toe Victor deur verbanning dwang gepoog het, het St. Irenaeus van Lyons tussenbeide getree en vrede herstel (Eusubius, Hist. Eccl. 5.23-25). Gedurende die derde eeu het Kwartodesimanisme afgeneem; dit het in sommige Asiatiese gemeenskappe voortgeduur tot in die 5 de eeu” (Vol. 12, bls. 13).

Die volgende baie lang aanhaling van die Encyclopedia Britannica, 11de uitgawe som op en vertel die storie haarfyn van hoe Paasfees stadig in 325 A.D. binne sigbare “Christendom” die Pasga vervang het: “Alhoewel die onderhouding van Paasfees in die baie vroeë periode die praktyk van die Christen Kerk(vals)was, het 'n ernstige verskil oor die dag van onderhouding daarvan tussen die (ware) Joodse Christene en die van nie-Joodse afkoms ontstaan, wat tot 'n lang en bittere geskil gelei het….Die Joodse Christene…(onderhou) die 14de dag van die maand teen die aand…sonder inagneming van die weeksdag. Die nie-Joodse Christene (Rooms Katolieke)…identifiseer die eerste dag van die week met die opstanding en hou die vorige Vrydag as die herdenking van die kruisiging, ongeag die dag van die maand.

“Algemeen gesproke, het die Westerse Kerke (Rooms Katoliek) Paasfees op die 1 ste dag van die week gevier, terwyl die Oosterse Kerke [insluitende die oorgeblewenes van die ware Kerk] die Joodse reël gevolg het [die ware Christen Pasga]”.

“Polycarp, die dissipel van Johannes die Evangelis (laaste van die 12 apostels) en biskop van Smyrna, het Rome in 159 (sic) besoek, om met Anicetus die biskop van daardie see te beraadslag oor dié onderwerp en het hy op die tradisies om op die 14de dag dit te onderhou, wat hy van die apostels ontvang het aangedring. Nietemin, Anicetus het geweier. Omtrent 40 jaar later (197) was die vraag in 'n heel ander gees tussen Victor, biskop van Rome, en Polycrates, metropolitaan van die prokonsulêr van Asië. Daardie provinsie [wat kerke wat deur Paulus opgerig was verwelkom het, soos Antiochië en al daardie wat in Openbaring 2 en 3 as die ware Kerk geidentifiseer is] was die enigste deel van Christendom wat nog aan die Joodse gebruik vasgekleef het. Victor wat te Rome heersend was, het vereis dat almal die gebruik moes aanneem. Polycrates was geensins bereid om daarmee saam te stem nie en het baie gewigtige redes tot die teendeel benadruk, waarop Victor verder gegaan het en vir Polycrates en Christene verban wat met die (korrekte) Oostelike gebruik voortgegaan het. Hy was egter weerhou (deur die raad van ander biskoppe) om eintlik die dekreet van verbanning deur te voer…en die Asiatiese kerke het hul gebruik ongesteurd behou. Ons vind dat die Joodse gebruik (die ware Nuwe Testament Pasga) van tyd tot tyd na dit herstel het, maar dit het nooit tot 'n groot mate geheers nie.

“'n Finale skikking van hierdie dispuut was een rede wat Konstantyn (Romeinse Keiser) gelei het om die Raad van Nicaea in 325 in die lewe te roep. Op daardie tydstip was die Siriese en die van Antiochië die enigste voorstaanders van die 14de dag se onderhouding. Die besluit van die Raad was eenparig dat die Pasga op Sondag gehou moes word en dat die dwarsdeur die wêreld op dieselfde Sondag moes plaasvind en dat niemand hierna die blindheid van die Jode moes navolg nie [Of, in ander woorde, niemand was toegelaat om die voorbeeld van Christus en die ware Kerk wat Hy gebou het, te volg nie]. Die MIN wat daarna hulleself geskei het van die eenheid van die [politiek georganiseerde] kerk en aangehou het om die 14de dag te hou, is Kwartodeceman genoem [van die Latynse woord vir 14] en die dispuut self is bekend as die Kwartodesiman omstredenheid” (Vol. VIII, blse. 828-829).

Hier is 'n baie kragtige aanhaling wat die volle storie van wat gebeur en hoe dit gebeur het, absoluut duidelik maak. Geskiedenis meld dat Polycarpus gemartel is toe hy van Rome teruggekeer het (in 'n plaashuis doodgebrand), net dae na sy ontmoeting met Anicetus oor die aangeleentheid van die onderhouding van die Pasga of Paasfees. Hy was seer sekerlik gedood omdat hy nie 'n kompromie wou aangaan oor die behoorlike waarneming van die Pasga nie.

Die 1967 New Catholic Encyclopedia verklaar die volgende: “Soms het die Kwartodesimane die Pasga op die dag gevier wanneer ander Christene Goeie Vrydag vier. Oorspronklik was albei onderhoudings toegelaat, maar stadig is daar gevoel dat dit onvanpas was dat Christene Paasfees gedurende 'n Joodse fees onderhou en is daar 'n beroep gedoen op eenheid in die herdenking van die hoof Christelike fees” (Vol. 5, bls. 8).

Lees nou hierdie aanhaling van dieselfde bron, wat die aangeleentheid afsluit van hoe die Raad van Nicea vir almal “besluit” het oor die saak van Paasfees teen Pasga: “Soos vir Paasfees, het die vaders 'n dekreet uitgevaardig (1) dat alle Christene dit op dieselfde dag moet onderhou, (2) dat Joodse maniere nie gevolg moet word nie, en (3) dat die praktyk van die Weste, van Egipte en van ander Kerke van krag moet bly naamlik, om Paasfees op die Sondag te vier wat die eerste volmaan na die lentenagewening volg” (Vol. 5, Bls. 433).

Die 1909 uitgawe van The Catholic Encyclopedia sê, “Na die Pous se streng maatstawwe het dit voorgekom asof die Kwartodesimane gaandeweg weggekrimp het. Origenes, in die “Philosuphumena” (VIII xviii) wil dit voorkom asof hulle as 'n blote handvol verkeerd-koppige nie-konformiste beskou word. TWEEDE FASE—Die tweede fase van die Paasfees omstredenheid sentreer om die Raad van Nicea [A.D. 325] wat veroorloof dat die groot Paas-viering altyd op 'n Sondag gehou moes word en nie saamval met 'n besondere fase van die maan nie wat op enige dag van die week kan gebeur” (Vol. 5, bls. 228).

Die waarheid omtrent die Paasfees was dat dit altyd regstreeks verbind is met die maan, ongeag die dag van die week waarop dit val! (Die woord maand is afgelei van maan.) Die 14de dag van Nisan (Abib) was God se opdrag (Exo. 12:1-6)—nie die naaste Sondag aan hierdie of enige ander datum nie.

Dieselfde uitgawe van The Catholic Encyclopedia wanneer dit die finale besluit te Nicea in A.D. 325 beskryf, het die woorde wat Konstantyn aan al die kerke geskryf het, aangehaal: “By hierdie vergadering was die vraag omtrent die mees heilige dag van Paasfees bespreek en was dit beslis deur die verenigde oordeel van almal teenwoordig dat hierdie fees behoort deur almal in elke plek en op dieselfde dag gehou te word…En eerste van alles blyk dit 'n onwaardige ding dat in die viering van hierdie mees heilige fees ons die praktyk van die Jode moet volg, wat goddelooslik hulle hande met enorme sonde besmet het…want ons het van ons Verlosser 'n verskillende manier ontvang [hierdie is vals omdat Christus nooit “'n verskillende manier” opgedra het nie”]… En ek myself het onderneem dat hierdie besluit sal deur julle Sagacities met goedkeuring ontvang word met die hoop dat julle Wyshere graag sal toegee dat die praktyk wat meteens in die die stad van Rome en in Afrika, dwarsdeur Italië en in Egipte…met eenheid van oordeel onderhou word (Vol. 5, bls. 228).

Laastens, hierdie selfde bron gaan 'n paar paragrawe later voort met, “Die finale besluit lê altyd met aanvaarde ekklesiastiese gesag…was in die eerste plek 'n saak van ekklesiastiese dissipline en nie astronomiese wetenskap nie” (bls. 229). Hierdie twee kort frases maak dit duidelik dat kerk gesag in Rome en nie God se woord nie, besluit het of die Paasfees of die Pasga gehou moes word.

Slegs die “minderheid” het getrou aan die waarheid gebly—en dit is nog altyd so. Uiteindelik, soos die heidense valse kerk in politieke invloed gegroei het, was die dood vonnis op enige iemand wat God se sewende dag Sabbat of enige van Sy ander Feeste, soos die Pasga hou, opgelê. Ware Christene moes altyd vlug na plekke waar hulle kon aangaan om God se gebooie en waarhede te onderhou. (Lees ons gratis boek Waar is die Ware Kerk—en Sy Ongelooflike Geskiedenis!).

Dwarsdeur die eeue, hoewel geignoreer en deur die wêreld vervolg, het hierdie selfde Christene ('n enkele ware Kerk van God) altyd vas gehou aan God se waarheid oor hierdie lewenskragtige doktrinêre punt—sowel as die ander ware bybelse leerstellings!
Die Pasga Was 'n Opdrag

Ons het reeds gesien dat God nooit beveel het, maar eerder eintlik teen die onderhouding van die Paasfees opdrag gegee het. Dit was nog altyd Sy doel dat die Pasga een maal per jaar gehou word—vir ewig. Die vroeëre gedeeltes van hierdie boekie het die Nuwe Testament opdrag om die Pasga deur die nuwe ingestelde simbole van brood en wyn, kortliks bespreek.

Die Nuwe Testament Pasga sluit ook is die ordonansie van nederigheid wat voetewas genoem word. Die opdrag word in Johannes 13:2-15 gevind en was deur Christus opgedra om aan almal wat God se leerstellings wil leer te onderrig. Christus het Sy dissipels opgedra, “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Mat. 28:19-20).

Hierdie opdrag sluit die Pasga in, asook die voetewas en die simbole van brood en wyn. Dit sluit ook in die onderhouding van die Dae van Ongesuurde Brode en al God se ander feesdae. Indien u vasbeslote is om nie langer met hierdie wêreld se Paasfees tradisie voort te gaan nie, dan sal die vroeëre aangebode boekie How Often Should the Lord’s Supper Be Taken? u leer wat alles in die onderhouding van die Nuwe Testament Pasga diens behels word. Die Herstelde Kerk van God kan u help om te leer hoe dit gedoen word.
Wat Sal U Doen

Kan Paasfees “in eer van Christus gehou word”? Sommige mag sê, “Nou ja, ek weet dat Paasfees van die heidendom kom—maar ek is nie 'n heiden nie! Ek vier dit ter ere van Christus. Ek fokus op Hom.” Omdat God geweet het dat Israel so sou voel toe hulle die gelowe van heiden nasies teegekom het en sou probeer om valse maniere te gebruik om die ware God te eer, het Hy die opdrag in Deuteronómium 12:28-32 gegee. God het altyd opdrag gegee dat mense wat Hom aanbid dit presies moet doen soos Hy opgedra het! Net so het Christus ook.

Lees ons boekie Christ’s Resurrection Was Not on Sunday. Dit verduidelik hoe en hoekom die “Sondag Opstanding” idee in gebruik gekom het as 'n wyse om Sondag-Onderhouding (aanbidding op die dag van die son, of die son se dag) te endosseer, in die plek van die onderhouding van God se ware Sabbat dag. Lees ook ons verwante artikel, Christ’s Crucifixtion Was not on Friday.”

Jesus het aan die Fariseërs gesê, “So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering….tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is” (Mat 15:6, 9). Markus se vergelykende weergawe voeg ‘n belangrike element by: “Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou” (7:9). Hierdie verse is duidelik van toepassing op diegene wie die Pasga opsy sit sodat hulle die heidense Paasfees kan hou.

Honderde miljoene onderhou die duidelike afgodiese heidense fees bekend as Paasfees, terwyl hulle glo dat hulle vir Jesus Christus eer! Meeste is geheel en al onkundig oor wat hulle doen. God se antwoord vir al hierdie is “…die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer” (Hand. 17:30)!
Van Paasfees Terug Na Pasga

Die volgende is uit die afsluiting van Herbert W. Armstrong se boekie, The Truth About Easter. Dit volg 'n kort oorsig van die belangrikheid van die onderhouding van God se Pasga in plaas van die heiden Paasfees: “Ons het nodig om terug te keer na die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer was.” Laat ons nederig en gehoorsaam hierdie heilige ordonansie [Pasga] waarneem soos ons opgedra word, op die Skriftuurlike tyd, na sononder, die 14de van Abib [Nisan] ooreenkomstig die Heilige Kalender.

Monday, March 30, 2015

Die mooi van ń huwelik

Die huwelik is die Goddelike instelling wat die Here beplan het tussen een man en een vrou. Lewenslank - wonderlik! Ek sou kon kies uit baie verskillende skrifgedeeltes om iets oor die huwelik te deel, maar het besluit om gedeeltes uit Hooglied te gebruik. Luister hierna:

Hooglied 4 : 9 - 15
9 Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een skakel in die ketting om jou hals. 10 Ek hou van jou liefkosings, my beminde bruid, jou liefkosings is beter as wyn, jou parfuum ruik lekkerder as al die lekkerruik-kruie. 11 Jou lippe proe soos heuningstroop, my bruid, jou tong soos heuning en dikmelk, en jou klere ruik soos die Libanon. 12 My beminde bruid is 'n tuin wat toegemaak is, 'n tuin met 'n muur om, 'n fontein wat afgekamp is. 13 Jou liggaam is 'n lushof, granaatbome met keurige vrugte, hennastruike saam met nardus, 14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel saam met elke soort lekkerruik-kruie, mirre en aalwyn saam met al die beste lekkerruik-kruie. 15 Daar is 'n fontein in my tuin, 'n put met borrelende water, strome van die Libanon af.

Hooglied 5 : 10 - 16 Die man wat ek liefhet, is blakend gesond en blosend van kleur; jy kan hom uitken tussen tien duisend ander. 11 Sy voorkop is soos suiwer goud, sy haarlokke soos dadeltrosse, so swart soos 'n kraai. 12 Sy oë is soos die duiwe langs die spruite, duiwe wat lyk of hulle in melk gewas is waar hulle langs die water sit. 13 Sy wange is soos die kruiebeddings waar lekkerruik-kruie groei. Sy lippe is soos lelies, hulle drup van mirre. 14 Sy hande is soos stawe goud, met edelstene ingelê. Sy lyf is soos 'n blok ivoor, met saffiere ingelê. 15 Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Sy voorkoms is soos dié van die Libanon, indrukwekkend soos die seders. 16 Sy mond smaak soet, alles aan hom is begeerlik. So lyk die man wat ek liefhet, so lyk my lewensmaat, vroue van Jerusalem.

Ek het onlangs Hooglied (dit beteken mooiste lied) deurgelees en dit was vir my so ongelooflik mooi. Salomo beskryf in hierdie boek die ongelooflike mooi verhouding tussen man en vrou. Twee mense wat hulle liefde en verlange na mekaar so wonderlik teenoor mekaar uitspreek.

Weet jy, ek sien in Hooglied regte, egte ware liefde. Hierdie gevoel vir mekaar wat so eie is aan 'n pasgetroude paartjie. 'n Bewondering vir mekaar, wedersydse respek, 'n pragtige verering wat hulle vir mekaar het. Hierdie warm gevoel vir jou lewensmaat wat enige ander gevoel oortref. 'n Man en vrou wat net die mooiste vir mekaar te sê het. Hierdie gevoel wat op sy toppunt kom pas nadat 'n paartjie getroud is. Hierdie gevoel wat so baie mense later tot niet laat gaan.

Die huwelik, 'n instelling van God, wat Hy so mooi bedoel het. Sommige Bybel verklaarders glo dat die boek Hooglied 'n dubbele betekenis het. Aan die een kant, dat dit 'n beeld is van Christus se liefde vir sy kerk, en andersyds 'n doodgewone verhouding tussen 'n man en vrou. Hierdie boek verseker ons egter dat die liefdeslewe tussen een man en een vrou, binne God se wil is. Die Here het vir jou en jou huweliksmaat net die mooiste bedoelinge. God wil ook hê dat AL die fasette van die huwelik mooi en aangenaam moet wees.

Ek self het die wonderlike voorreg gehad om uit 'n huis te kom waar my ouers vir 53 jaar gelukkig getroud was, en ek is self sedert 1981 reeds in 'n wonderlike, liefdevolle huwelik. Ek loof die Here daarvoor! Maar nou vra ek die vraag: Wat gebeur met hierdie romantiese, mooi verhouding? Weet jy dat meer as 60% van huwelike in die skeihof beland? Is jou huweliksverhouding nog soos dit 'n klompie jare gelede was?

Weet jy hoe belangrik is die huwelik vir God? So belangrik dat Hy Sy liefde vir Sy kerk (ek en jy), vergelyk met die huwelik.
Efesiërs 5 : 25 - 32 25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. 26 Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, 27 sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. 28 Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, 29 want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen 30 omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is. 31 Daar staan in die Skrif: Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees. 32 Hierin lê daar 'n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk.

Dit is God se bedoeling vir my en jou.

Spreuke 5 : 15 "Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water, drink die strome uit jou eie fontein."

Hoe kan ek en jy weer die verhouding in ons eie huwelike herstel? Hoe maak ons dit weer soos in Hooglied?

· Erken dat God die huwelik ingestel het tussen een man en een vrou. "Till death do us part".
· Gaan ontdek weer daardie vonk wat julle aanvanklik bymekaar gebring het.
· Sien weer die mooi en goeie in mekaar.
· Vrouens, behandel jou man asof hy die grootste held in jou lewe is. Maak dit vir hom moontlik om die held te wees.
· Mans, respekteer jou vrou. Wees lief vir haar, soos wat Christus vir Sy kerk lief is.
· Maak vandag vir jou huweliksmaat spesiaal - stuur 'n mooi sms; koop blomme; maak vir hom sy gunsteling kos; tap badwater in vir mekaar; was haar kar; ens.
· Moenie toelaat dat eksterne faktore jou huwelik vernietig nie, soos drank of ander afhanklikhede. En as 'n ander party by die werk dalk te aantreklik raak, lees Spreuke 5 : 15 - 20. Ek wil jou uitdaag om vandag daarmee klaar te maak.
· Bid gereeld vir jou huwelik en jou maat. Daar is mos 'n uitdrukking wat sê: "Pray together, stay together"
· Gaan lees die boek Hooglied saam deur - doen dit met rollespel - soos in Hooglied.
· Bevestig jou huweliksbelofte aan mekaar.
· Sê vir mekaar dat julle lief is vir mekaar.

'n Man het nodig om erkenning te kry as hoof van die huis. 'n Vrou weer, wil graag soos 'n koningin behandel word. Gee vir jou huweliksmaat wat hy of sy nodig het om te floreer.

Geniet jou huwelik!

Sunday, March 29, 2015

God se volmaaktheid in my lewe

Verantwoordelikheid of veroordeling

Daar is 'n gesegde wat sê: "Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie."

Hierdie gesegde impliseer dat onkunde op sekere gebiede vir jou 'n voordeel inhou, want dít wat jy nie sien nie, en waarvan jy dus nie weet nie, kan jou nie ontstel nie. Dit is wellis waar so, maar dit is slegs die een kant van die muntstuk. Wanneer ons na die Woord van God kyk, sien ons ook 'n ander persepsie van die gesegde, nl. dat dit wat jy nie weet nie, juis tot jou nadeel kan wees. Onkunde kan jou laat skade ly.

Hosea 4:6a My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;…

God se volk het in ballingskap gegaan weens 'n gebrek aan kennis. Hierdie ballingskap het beteken dat hulle alles wat vir hulle waardevol was, verloor het, ook hulle grondgebied, en dit alles weens 'n gebrek aan kennis.

Jes 5:13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, …

So sit ons as kinders van God vandag in hierdie gevalle wêreld en ons ly skade weens 'n gebrek aan kennis. Dit geskied te midde van al die teologiese kennis, boeke, prediking, ens. Die enigste manier om die skade wat mense ly te laat sin maak of meer aanvaarbaar maak vir die mens, is om te sê dat dit deel is van God se groot plan vir ons. Hierby voeg hulle dan baie vroom toe dat God se weë nie ons weë is nie en God se planne is nie ons planne nie. God het 'n plan met alles en eendag sal ons verstaan. Hierdie "trooswoorde" ontneem die mens dikwels van sy erfenis. Indien die mens oor die kennis van sy erfenis in Christus beskik het, sou die prentjie heel anders daar uitsien.

Onthou, alle kennis is nie altyd waarheid nie.

Kennis is meestal oorlewerings wat oorgedra word van geslag tot geslag. In die natuurlike realm waarin ons elke dag lewe, word kennis bevestig deur sekere ervarings en ondervindings. Alles in die natuurlike funksioneer volgens vaste wette en riglyne, bv. die wet van swaartekrag, die wet van saai en maai, ens., en ons kan dit nie verander nie.

God is bo-natuurlik en nie onderhewig aan die natuurlike wette nie. Hy is verhewe bo alles. Sy beloftes, Sy liefde, Sy genade, Sy planne is verhewe bo enige natuurwet of -sisteem, ook bokant tyd. Gedagtig hieraan kan ons verstaan as die Woord ons waarsku in Markus 7.

Mark 7:7,13 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

V13 So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

Dit is juis omdat God verhewe is bo alles, dat niks ons kan skei van Sy liefde nie.

Rom 8:38-39 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Ons as mens is so deur die natuurlike geprogrammeer dat ons nie altyd verstaan hoe die bo-natuurlike werk nie. Met ons beperkte kennis poog ons dan om die bo-natuurlike God se weë te verstaan en te verklaar, en eintlik maak ons dit net al hoe moeiliker vir onsself om daagliks, in Sy goedheid en guns, in oorwinning te lewe. Jesus het gesê dat die goeie nuus met al die voordele daarvan, vir kindertjies is. Hierin lê juis die geheim, nl. om al Sy goedheid in elke faset van ons lewens te leer ken en te ervaar. Ons moet, soos kindertjies, onvoorwaardelik in Sy Woord glo. Ons moet in geloof stap, al klink dit te goed om waar te wees. Ons sê ons doen dit, maar dit werk nie uit nie. Waarom nie? Waarom lees ons van al die pragtige beloftes in die Woord van God, maar ons ervaar dit nie in ons lewens nie? Wat moet ons eers alles doen voordat God iets vir ons doen of gee? Hierdie is maar 'n paar vrae wat gevra word oor die beloftes in God se Woord. Mense wil dít wat gepreek word, sien en ervaar.

Dit klink wonderlik om te sê ek stap in geloof en dit is waar, maar hoeveel onkunde of valse inligting vorm deel van die geloof waarin ek stap? Onthou, geloof funksioneer op kennis. M.a.w. dit waarmee ek geprogrammeer is, dit wat my verwysingsraamwerk is, bepaal hoe en wat ek glo en hoe ek funksioneer. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons altyd oop sal wees om meer te leer.

Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; …

Die teks sê dat die Heilige Gees ons in die volle waarheid wil lei.

Daar kan baie redes wees waarom ons as kinders van God skade ly, maar ek wil op een spesifieke punt konsentreer. Ek glo dat onkunde een van die belangrikste redes is waarom mense nie in hulle volle erfenis in Christus kan wandel nie. Nou is daar weer verskillende fasette van ons erfenis waarin ons onkundig kan wees bv. voorsiening, beskerming, genesing, ens.

Weer eens wil ek op een spesifieke area van onkunde fokus wat, volgens my opinie, een van die grootste oorsake is dat mense skade ly, nl. die mens se onkunde oor sy geestelike verantwoordelikheid. Ek glo dat mense nog nooit hulle verantwoordelikheid behoorlik verstaan het nie, en dit daarom dan nog nooit kon opneem nie. Kom ons begin by die begin en kyk wat die Woord van God hieroor sê.

GESKAPE MET 'n DOEL

Die mens, ek en jy, is as heersers oor die aarde aangestel. God het die mens geskape om in 'n liefdesverhouding met Hom te staan en ons moet, as Sy verteenwoordigers, Sy koninkryk hier op aarde uitbrei.

Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

God het dus nie die mens geskape vir dieselfde redes as byvoorbeeld die plante en diere nie, nee, God het hulle met 'n doel voor oë geskape. Die mens het 'n taak om namens God uit te voer - die mens moet heers oor God se skepping. Hierdie taak kan die mens alleenlik suksesvol uitvoer indien hy sy verantwoordelikheid aanvaar en nakom.

GESKAPE MET 'n VRYE KEUSE

Gelukkig hoef ons nooit hierdie taak met ons eie vermoëns te doen nie, want God self het, deur Sy Heilige Gees, in ons as mense kom woon. Die groot, belangrike punt wat jy moet onthou is dat God die mens nie as 'n robot geskape het nie. God het die mens 'n vrye keuse gegee. God het gekies om die mens hierdie verantwoordelikheid te gee. Ons besit die volheid van Sy krag en mag, maar het 'n keuse tot watter mate ons toelaat dat Hy deur ons funksioneer. God is almagtig en niks is onmoontlik vir Hom nie, behalwe om Homself met enige iets wat sonde is, te bemoei. Daarom kan God nie lieg nie. Ook kan God nie teen Sy eie Woord gaan nie. Op grond hiervan wil ek dit weer eens beklemtoon dat elke mens 'n vrye keuse het en dat God niemand in enige iets kan indwing of manipuleer nie. Ons moet besef dat ons keuses wel deur baie aardse, menslike en natuurlike omstandighede beïnvloed word.

Van die begin af was die goeie, die mooi en die seën God se bedoeling en wens vir die mens. As gevolg van die mens se verkeerde keuse het die teenoorgestelde plek gekry in hierdie wêreld. Die mens se fout het nie God se droom oor die mens verander nie. Daarom het God van Sy kant af 'n oplossing bewerk wat die probleem kon oplos, sodat die mens weer herstel kon word in 'n liefdesverhouding met Hom en ook as heerser oor die aarde. Die opdrag om as heerser oor die aarde op te tree is dus nog steeds van toepassing. Jesus het die volkome oorwinning oor alles aan die kruis vir ons bewerk. Al gaan ons deur moeilike omstandighede, krisistye, versoekings, ens., is dit steeds moontlik om in oorwinning te leef.

Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

1 Joh 4:4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

Ons kies hoe ons in die omstandighede fokus op die oorwinning wat daar in Jesus Christus is.

Het die mens 'n aandeel/verantwoordelikheid om die oorwinning wat Jesus vir ons behaal het, te laat uitwerk in ons lewens, of gebeur dit maar soos God goeddink?

Beslis lê die verantwoordelikheid by die mens om, in geloof, die oplossing te aanvaar, daarvolgens te wandel en dit so te laat manifesteer in sy/haar lewe.

Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God.

Hierdie teks vertel vir ons dat Jesus, nadat Hy die vyand oorwin en van alle gesag en mag gestroop het, gaan sit het. Dit is vandag, in die dae waarin ek en jy leef, nog net so van toepassing as 2000 jaar gelede. Jesus sit op hierdie oomblik en wag dat die oorwinning wat Hy reeds bewerk het, hier op aarde moet manifesteer. Wie moet daardie oorwinning laat uitwerk? Ons as mense! Ek en jy - ons is die kanale deur wie God Sy liefde in elke situasie wil laat vloei.

Wat is die harde feite dan van die stelling hierbo? Wanneer ons neerlaag of diefstal, slagting en verwoesting ervaar, is dit nie God se skuld of plan vir ons nie. Dit gebeur omdat ons, om watter rede ookal, nie ons verantwoordelikhede nagekom het nie.

"Dit is nou wat ek noem VEROORDELING."

Dit is outomaties die eerste reaksie wat mense het teenoor die verantwoordelikheidsboodskap.

"So jy wil sê dat, wanneer my kind verdrink of in 'n ongeluk beland, of wanneer daar by my ingebreek word, of wat ookal die skade is wat ek ly, dat dit my eie skuld is!"

Vanaf die tyd wat Adam en Eva in die tuin was, het die mens nog nooit daarvan gehou om die verantwoordelikheid vir hulle lewens/dade te aanvaar nie. Dit is tog so lekker as ons die skuld voor iemand anders se deur kan plaas, veral voor God se deur, want Hy is mos almagtig.

Toe die mens in die tuin verkeerd gekies het, nadat God hulle gewaarsku het, kyk wat het gebeur. Kyk na die liefdevolle Vader wat ons het.

Gen 3:9 Toe roep die Here God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?

Het God nie geweet waar hulle was nie? Beslis het Hy geweet, maar ek glo Sy liefde en genade het na hulle geroep met die hoop dat hulle na Hom sou hardloop en erken dat hulle 'n fout gemaak het; dat hulle nie hulle verantwoordelik-heid nagekom het nie. Nee, wat doen hulle toe? Hulle het gewag tot hulle gekonfronteer is en toe het die beskuldigings begin.

Gen 3:12-13 En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.

V13 Daarop sê die Here God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.

Indirek gee Adam vir God die skuld: "Die vrou wat U vir my gegee het …"

Ons as mense doen vandag nog presies dieselfde. Aangesien ons uit onkunde of ongeloof of wat ookal, nie ons verantwoordelik-hede as heersers uitvoer nie en dan skade ly, is dit die maklikste om God die skuld te gee.

Die mens is behep met skuld. Wie se skuld was dit nou eintlik dat ek skade gely het? Hierdie beheptheid het 'n kritiese gesindheid tot gevolg, want nou moet ons die fout iewers buite onsself gaan soek. Dan word die goeie nuus van die kruis afgebreek as voorspoedsteologie en as veroordelend gesien, net om myself te regverdig. Dit is makliker om die teologie as veroordelend af te maak, as om die verant-woordelikheid te aanvaar! Dit is amper asof mense dink dat God hulle sal verwerp as hulle 'n enkele keer faal in hulle verantwoordelikheid. Niks is verder van die waarheid nie, want Jesus het gesê dat hy juis gekom het vir hulle wat faal.

Markus 2:17 En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Johannes 12:47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.

Jesus wil hê dat ons verantwoordelikheid moet aanvaar vir ons besluite en keuses, selfs al beteken dit dat ons soms mag faal, want die Geneesheer is altyd daar om weer te genees.

WAT WORD BEDOEL MET VERANTWOORDELIKHEID?

Om dit so eenvoudig moontlik te stel, is om te sê dat dit iets is of beginsels is wat ek moet doen, volg of nakom, deur 'n wilskeuse van my kant af, om 'n sekere resultaat tot gevolg te hê.

'n Eenvoudige voorbeeld: Wanneer ek in 'n motor sit en die ruit is oop en dit begin reën, is dit my verantwoordelikheid om die ruit op te draai as ek nie wil natreën nie. Ek kan enige iets anders doen wat mooi is of klink, selfs bid, maar niks sal my situasie verander nie. Ek moet tot aksie oorgaan deur 'n wilsbesluit te neem en die tegnologie, wat reeds in plek is ('n venster wat kan toedraai), gebruik om die nodige resultaat te verkry. Sou ek nie die ruit toedraai nie en ek reën sopnat, wie se skuld is dit dan? Dalk werk die motor se ruite elektronies en ek is onkundig oor die gebruik daarvan. Wie se skuld is dit? Ek moet mos die handleiding van die motor lees - dit is my verantwoordelikheid. Ek kan mos nie my onkunde of verkeerde keuse nou voor die deur van die motorvervaardigers lê en hulle die skuld gee en sê dat dit 'n slegte motor is nie.

Wanneer ek skade ly as gevolg van die feit dat ek nie my verantwoordelikheid nakom nie, gebeur daar nou iets interessants. Ek moet nou my reaksie in hierdie spesifieke situasie kies.

    Ek kan dit as 'n positiewe geleentheid sien om te leer, m.a.w. ek neem die motor se handleiding en lees hoe die elektroniese vensters werk, sodat ek in die toekoms anders kan optree.

    OF

    Ek kan die situasie as baie negatief ervaar en wanneer ek my lot bekla teenoor 'n persoon wat die handleiding gelees het en dus die motor ken, ervaar ek sy/haar inligting as veroordelend. Ek hoor dan dat dit eintlik my eie skuld is dat ek natgereën het, omdat ek nie die ruit toegedraai het nie, of nie geweet het hoe om dit toe te kry nie.

"So, nou sê jy dit is my skuld?" Ja, want alles wat ek nodig gehad het in daardie situasie om die oplossing te ervaar, was tot my beskikking.

NB! Onthou, elke persoon kies sy/haar reaksie in elke situasie.

Die mate van kennis waartoe ons beskik van die oplossing, antwoord of uitkoms van die situasie, beïnvloed en bepaal ons keuses. Elke persoon kies waarop hy/sy in elke situasie fokus. Dit is die mens se eie verantwoordelikheid.

L.W. Dít waarop jy fokus, dít oorweldig jou!

Die verkleurmannetjie op hierdie boekie se voorblad beskik oor die vermoë om sy kleur te verander. Hierdie vermoë het God aan hom gegee. God het ook aan hom die vermoë gegee om vanself, sonder dat hy hoef te dink of besluit, van kleur te verander om by die omstandighede aan te pas. Die verkleurmannetjie het dus geen verantwoordelikheid nie. God het die mens juis anders geskape. Ons het ook van God die vermoë "om van kleur te verander" gekry om by omstandighede aan te pas, maar ons het die verantwoordelikheid om self die feite te inter-preteer om oor die "kleur" te besluit. Ons beskik ook oor die feite - God het dit in 'n omvattende Handleiding aan ons beskikbaar gestel. Ons moet ons net vertroud maak met die inhoud van die Handleiding - dit is 'n verantwoordelikheid op sy eie. Die vermoë om die feite te interpreteer het ons ook van God gekry, nl. die Heilige Gees wat ons in die volle waarheid wil lei. So, al wat ons moet doen is om ons verantwoordelikheid na te kom.

Wat is die hoofrede waarom mense vandag nie graag hulle verantwoordelikhede wil opneem nie?

Ek glo dat daar baie redes gegee kan word, maar ek wil slegs dié uitlig wat, volgens my persepsie, die belangrikste is:

Die belangrikste rede is sekerlik dat die mens nie besef wat die volle impak en bedoeling van God was, en steeds is, toe Hy gesê het dat Hy die heerskappy (alle gesag en mag) oor die aarde aan die mens gee nie. Hy het Sy gesag en mag tot ons beskikking gestel, en eintlik Homself tot 'n mate aan ons keuses onderwerp. Dit klink baie rof om dit te sê, maar dink 'n bietjie mooi daaroor na. Reeds in die tuin van Eden gee God aan Adam die vrye keuse om die diere hulle name te gee. God vra nie Adam se voorstelle en veto dit dan nie, nee, Hy gee die volle verant-woordelikheid aan Adam.

Gen. 2:19 ...En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.

LW: Ons opdrag is vandag steeds dieselfde. Hy is steeds ons vermoë, deur die Heilige Gees wat in ons woon, en steeds is dit ons verant-woordelikheid om dit, deur geloof, in en deur ons lewens te laat manifesteer.

Volgens Johannes het Jesus gesê dat ons selfs groter werke sal doen as wat Hy, Jesus, gedoen het.

Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Wanneer ons hierdie woorde probeer verstaan, begin ons iets verstaan van die omvang van die verantwoordelikheid wat op ons skouers rus. Indien hierdie verantwoordelikheid jou keel laat toetrek, gee Jesus in die volgende vers al die vertroosting wat ons nodig het:

Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Dit is wel so dat ons 'n groot verantwoordelikheid het, maar saam met die verantwoordelikheid kom die vermoë van Hom wat in ons woon.

'n Ander rede waarom ons nie ons volle verantwoordelikheid nakom nie, is omdat ons vasgevang sit in verkeerde oorlewerings en leringe rondom dié aspek. Ons is geleer dat alles wat ons ervaar en om ons sien en beleef, elke sekonde van ons lewens, deur God, voor die grondlegging van die wêreld, bepaal is. Dit klink wonderlik, maar as daar net 'n bietjie verder gedink word, sal jy sien hoe dit juis die vyand is wat hierdie gedagte gevestig het, want hy wil daardeur God se karakter verdraai. Vra vir jouself 'n paar teenvrae oor hierdie stelling, bv.:

    Indien God dan onvoorwaardelik volmaakte liefde is, hoe kan Hy sonde of steel, slag en verwoes beplan? (Kyk na al Sy wonderlike beloftes vir ons.)

    Lig en duisternis het niks met mekaar te doen nie. Wat is dit wat ons om ons sien in die wêreld? Lig of duisternis?

    Is dit God se plan dat hierdie wêreld in sulke chaos moet wees? Beslis nie!

    Nou waarom lyk dit dan so om ons? Die rede hiervoor is dat die kinders van God nie hulle verantwoordelikhede opneem en Sy oorwinning laat uitwerk nie. Beslis het God reeds van voor die grondlegging van die aarde af, 'n volmaakte plan vir elke persoon se lewe.

Ps 139:13-16 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

V14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

V15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

V16 Oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

God se plan vir elke persoon word in same-werking met die mens se keuses uitgewerk. Solank ek onder leiding van die Heilige Gees, in gehoorsaamheid aan Sy stem, wandel en optree, ontvou hierdie plan dag vir dag in my lewe. Net so is dit mos logies dat ek nie in God se plan vir my lewe wandel as ek deur ongehoor-saamheid aan Sy stem, my eie kop volg en doen wat ek wil nie. God se plan kan mos nie in 'n lewe uitwerk as die persoon nog vir God verwerp nie. Daarom glo ek dat daar mense sterf wat nie een tree binne God se plan vir hulle lewens gegee het nie. Sy plan ontvou in 'n verhouding met Hom waarin die Heilige Gees ons elke oomblik in waarheid (sy plan vir ons) wil lei.

WAT IS GOD SE TOELATENDE WIL/PLAN DAN VIR DIE MENS?

God het die mens as heerser met 'n vrye keuse geskape om oor die aarde, omstandighede, ens. te heers. Om die mens in staat te stel en hom die vermoë te gee om hierdie opdrag te kan uitvoer, het God Homself deur die Heilige Gees ín die mens laat woon, sonder om die mens se keuse en verantwoordelikheid weg te neem.

God laat die mens toe om sy vrye keuse uit te voer. Die mens kies wie hy/sy gaan gehoor-saam. Die mens kies waarop hy/sy gaan fokus. Indirek sê ons die volgende: Aangesien God ons nie manipuleer of dwing nie, moet Hy toelaat wat die mens toelaat. Die vyand of gevalle wêreld kan net in ons lewens dít regkry wat ons toelaat. Om alles maar net weer aan God se toelatende wil toe te skryf, kan weer maklik 'n vermyding van ons verantwoordelikhede word.

'n Ander rede is dat ons as mense vasgevang is in vrees vir mense-opinies. “Wat gaan die wêreld of my vriende of my familie van my sê?” Die dag wanneer ons besluit om voluit in ons erfenis te wandel, word ons ‘n "paw-paw" in hulle oë, want om voluit in geloof te stap beteken om téén die aanvaarbare, die natuurlike, die normale te stap. God se Woord is lynreg teenoor die beginsels van die wêreld waarin ons leef, bv.: Ons word groot in 'n wêreld waarin ek myself moet verdedig. Wanneer iemand my slegsê, sê ek hom terug sleg. Die wêreld sê: 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. Die Woord van God sê die geheim lê juis daarin om die teenoorgestelde gesindheid te openbaar en daarvolgens op te tree of te reageer.

Matt 5:38,39,44 Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.

V39 Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet verstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.

V44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; …

Jy sien, om my verantwoordelikheid volgens die Skrif op te neem, vereis 'n aksie van my kant af. Ek moet dus keuses uitoefen om my wandel in lyn met die Skrif te kry. Die oomblik wanneer ek 'n aksie uitvoer, moet daar 'n resultaat wees, en wanneer ons nie dadelik die gewenste resultaat kry nie, pak 'n vrees vir mense-opinies ons beet.

Mark 16:15-18 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

V16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

V17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

V18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Hier sien ons weereens die mag en gesag wat ons as heersers van die aarde het, met Hom wat in ons woon. Ons moet nou in geloof die hande op siekes kan lê sodat hulle gesond kan word. Dit is Sy opdrag en wil.

Wat gebeur egter elke dag rondom ons? Ons stap nie in geloof in hierdie opdrag nie, want die resultate is die meeste van die tyd nie wat ons verlang nie. "Wat sal die mense sê as ek glo en daarvolgens handel en verklaar dat God niks met siektes te doen het nie? Wat gaan hulle sê as ek hier vir iemand bid en niks gebeur nie?" Die liggaam van Christus is al so verward oor wat God se volmaakte wil en plan vir ons is, asook wat ons volkome erfenis in Jesus Christus is, dat ons nie ons verantwoordelikhede wil opneem nie. Wanneer ons dus in die volkome offer en volmaakte oorwinning van Jesus Christus glo sonder 'n "ja maar" en verskonende verduidelikings, sien broers en susters in die liggaam van Christus ons meestal as veroordelend.

Beteken hierdie lering of interpretasie dat ek alles moet doen, en dat ek alle verantwoordelikheid het en dat God niks doen nie? Allermins!

Eerstens is dit God wat aan my die vermoë en hulpbronne gee en ek is slegs 'n dienswillige instrument. Die volgende Engelse uitdrukking illustreer dit vir my baie mooi: "You can pray to God for wind, but you must hoist your own sails." God laat die wind waai, Hy verskaf dus die hulpbronne. God gee ook aan my die krag van gebed om die hulpbronne te aktiveer, maar God laat die ophys van die seile aan my oor - dit is my taak en verantwoordelikheid. Wat sal gebeur indien ek dit nie doen nie? Niks! Ek is die een wat sal skade ly, want die wind sal waai, maar my bootjie sal nooit die hawe verlaat nie. Weer eens is dit ook weer God wat aan my die vermoë gee om my verantwoordelikheid na te kom; ek moet net gewillig wees.

VOORWAARDELIKE SEëN

God se liefde vir ons is onvoorwaardelik - Hy het ons eerste liefgehad toe ons nog sondaars was. God se seën is egter voorwaardelik, in dié sin dat ons ons verantwoordelikhede moet nakom deur in die koninkryk van God se beginsels te wandel. Dit is nie reëls en wette nie. Sy koninkryksbeginsels is anders as ons wêreldse beginsels, en dit ontsluit ons erfenis in ons lewens.

LW. Ons hoef nie iets te doen om God se seën te ontvang nie, ons moet net ons verantwoordelikhede nakom om dit te ervaar. God het reeds die deposito gemaak. Deur Jesus se kruisverdienste is dit reeds in my en jou rekening inbetaal; ons besit dit dus reeds.

Efs 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

2 Pet 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,

Die probleem is egter dat ons nog nie uit ons rekening onttrek nie en dus nie die voordele ervaar nie, omdat ons nie ons verantwoordelikhede nakom nie.

Kom ons kyk net eers na God se onvoorwaardelike liefde:

1 Joh. 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.

Rom. 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Kom ons kyk nou na God se voorwaardelike seën:

Lukas 11:10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Ps 34:8 welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

Psalms 106:3 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.

Jak 4:8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Matt 5:9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Deut 28:2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

Gaan lees gerus hoe die omvang van God se seën in die volgende verse van Deut. 28 beskryf word. Dit is werklik "mind boggling." Dit is te goed om waar te wees. Tog is dit! L.W. Die vloek wat ook in Deut 28 bespreek word, is reeds deur Jesus aan die kruis gedra.

Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word - want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang

Jy kan die vloek egter wel ervaar as jy dit glo en dit in jou lewe akkommodeer, maar dit is nie God se hart vir jou nie.

Lukas 6:38 Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Indien jy God se seën in jou lewe wil ervaar, moet jy jou verantwoordelikheid nakom. God se seën werk volgens vaste beginsels, en indien jy daaraan gehoorsaam is, sal jy verstom staan oor die omvang van Sy seën. Lees weer wat Lukas sê: Dit is 'n goeie maat, dit is ingedruk, dit is geskud, maar steeds loop dit oor - God se seën is oorvloedig. Lees ook verder: Die mate waarin jy dit sal ervaar, hang af van die maat waarmee jy meet. Dit is nie 'n veroordeling nie, dit is 'n verantwoordelikheid.

AANHOUER WEN

Ek wil jou uitdaag om, al werk alles nog nie volkome uit in jou wandel nie, voluit te stap in jou erfenis in Christus en vas te staan op God se beloftes in Sy Woord TOTDAT die oorwinning begin deurbreek.

Die kerk van Christus wag dat God alles in elke situasie moet kom doen. Die Woord wys duidelik dat Hy het reeds 2000 jaar terug alles volbring het, die volle prys betaal en aan die regerhand van die Vader gaan sit het. Hy het die Heilige Gees gestuur om ons in die volle waarheid van daardie wonderlike oorwinning te lei, want ons het die verantwoordelikheid om nou daardie oorwinning in ons lewens en op aarde te laat manifesteer.

Dit praat van 'n wandel in GELOOF. Lees die Woord met 'n verantwoordelikheidsbril, dan sal jy verbaas staan om te sien hoe die opdrag aan ons gegee is, bv.

Efs 4:22-24 … dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,

V23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

V24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

As Jakobus dus sê dat die geloof sonder die werke dood is, dan sê hy dat, indien ons nie ons verantwoordelikhede aanvaar nie, ons geloof ook kragteloos is, want geloof is 'n aksie wat uitgevoer word.

Jak 2:26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

Die werke spruit voort uit die geloof en ons verantwoordelikheid spruit dus ook voort uit ons geloof. Omdat ons glo, aanvaar ons ons verant-woordelikheid en nie andersom nie. Ons kom nie ons verantwoordelikheid na sodat ons God kan behaag nie, maar juis omdat ons reeds ontvang het. Ons het reeds al die seëninge ontvang, selfs al ervaar ons dit nog nie, en daarom skryf Paulus aan die mense in Filippense dat hulle reeds, wanneer hulle vra, moet dankie sê. Dit beteken om, wanneer ons bid, reeds in geloof die oplossing te aanvaar.

Filip 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

Kyk weer na die aanhaling uit Efesiërs en ook die res van die Nuwe Testament. Hoeveel keer kom woorde voor soos: Lê af; neem op; beklee jou; wandel so; werp af; moenie dit of dat doen nie; en laat ons dit of dat doen. Dit alles staan in die bevelsvorm, m.a.w. ek en jy het die verant-woordelikheid om hierdie ding te doén en te kiés om daarvolgens te wandel.

Moenie dat die vyand jou mislei oor wat God bedoel het toe Hy ons as verteenwoordigers namens Hom oor die aarde aangestel het nie. Die vyand beroof ons van ons erfenis en kry daardeur die geleentheid om in ons lewens te steel, slag en verwoes, asook om die liefdevolle God se karakter in die mense se oë te verdraai.

Indien ek nie my verantwoordelikheid opneem nie, kan ek baie maklik skuldig voel en dan sal ek die boodskap as veroordelend ervaar. Die keuse lê by my en jou.

KIES JOU REAKSIE

Ek en jy is soos die verkleurmannetjie - ons kies ons reaksie:

    die boodskap is nie vir my nie, dit is veroordelend.

    OF

    ek aanvaar my verantwoordelikheid met die wete dat die Vermoë in my woon. Ek sal en wil elke dag God se volle seën in my lewe ervaar. Ek wil die erflating van die kruis opeis.

God het dit baie eenvoudig aan die Israeliete gestel:

Deut. 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies... jy...

Ons lewenswandel is 'n ingesteldheid en ons kies hoe dit sal wees. 'n Negatiewe uitkyk op die lewe wat heeltyd fout vind met alles, OF 'n positiewe uitkyk wat die potensiaal in alles sien en wat oop is vir veranderings en bereid is om te leer. Kies jy vandag om die mooi, die goeie, die seën in ander mense, die wêreld om jou en ook in God raak te sien?

Dít waarop jy gaan fokus, dít gaan jou oorweldig.